Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 September 2009

Nuwe stemme word bekend gemaak

Tafelberg Uitgewers
Tafelberg Uitgewers

Een van die opwindendste projekte in ons digkuns is sekerlik Tafelberg se Nuwe Stemme-reeks waarmee publikasie-geleentheid gebied word aan jong digters wat nog nie genoeg kwaliteitgedigte het vir ’n eie, selfstandige debuut nie. En vandag kan ons die jong stemme wie se verse moontlik in Nuwe Stemme 4 opgeneem gaan word, bekend maak. In alfabetiese volgorde is hulle Fourie Botha (Kaapstad), Lewies Botha (Beacon Bay), Corné Coetzee (Johannesburg), Jan A.F. du Plessis (Pretoria), Marike Groenewald (Kaapstad), Francilié Hoek (Bryanston), Pieter Hugo (Beaufort-Wes), Willem Jansen (Bellville), Hunter Kennedy (Brackenfell), Annie Klopper (Brackenfell), Hennie Meyer (Pretoria), Heidi Papadopoulos-Pienaar (Johannesburg), Bibi Slippers (New Zealand), Adél Steyn (Stellenbosch), Lou-Ann Stone (Kaapstad), Marius Swart (Stellenbosch), André Trantraal (Matroosfontein), Karlien van der Merwe (Pretoria), Niel van Deventer (Ifafi) en Lize Viljoen (Suid-Korea). Danie Marais en Ronel de Goede (Foster) is die samestellers van dié nuwe bloemlesing. Volgens die inligtingstuk wat ns onvang het, sal hierdie twintigtal nou na slypskole genooi word waarna die finale keuse vir opname deur die samestellers gemaak sal word.

Nuwe Stemme 1 het reeds in 1997 verskyn onder redakteurskap van Anastasia de Vries en George Weideman. Elf aspirant digters se verse was daarin opgeneem. In 2001 is dit opgevolg met Nuwe Stemme 2, met Petra Müller en Nèlleke de Jager as samestellers. Dié bloemlesing het inderdaad ’n besonder indrukwekkende trefrekord, aangesien die volgende digters uit ‘n groep van sestien sedertdien met ’n eie bundel vorendag kon kom: Sarina Dönges, Gilbert Gibson, Bernard Odendaal, Hans Pienaar, Ilse van Staden en Jelleke Wierenga. Van Johannes Prins word daar binnekort ’n bundel verwag en van Melt Myburgh vroeg volgende jaar. Ook Toast Coetzer, Petrus de Kock, George A. Hill, Neels Jackson, Tertius Kapp, Renée Marais en Yolandi Woest is nog aktief betrokke by die digkuns; ‘n eie, volwaardige bundel uit hul geledere is dus nie té onwaarskynlik nie.

Nuwe Stemme 3 het in 2005 verskyn, met Antjie Krog en Alfred Schaffer as samestellers. Nie minder nie as 20 digters se verse is hierin opgeneem, met die volgende debutante wat reeds na vore gebring is: Ronelda S Kamfer, Danie Marais, Loftus Marais en Jasper van Zyl (binnekort).  Van die reaksie in die media rakende Nuwe Stemme 3 was soos volg:  “Dit is duidelik dat hierdie digters wil wegbreek van die tradisie … [h]ier is pragtige verse opgeneem.” (Joan Hambidge, Volksblad); “… van die beste digters in dié bundel skryf met soveel sofistikasie dat ‘n mens verbaas is dat hulle nog nie vantevore die kans gegun is om te debuteer nie.” (Andries Visagie, Beeld) en “… hier is werklik talent.” (George Weideman, Taalgenoot).

Ten slotte – ons is baie jammer om bekend te moet maak dat Johann de Lange hom as blogger aan die webblad onttrek. Sy bydraes was altyd van ‘n hoë gehalte en sy teenwoordigheid sal beslis gemis word. Hopelik sal Johann darem nog sy weg oopsien om op ander maniere tot die webblad by te dra. 

Ons sal so spoedig moontlik Johann se opvolger bekend maak.

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Afrikaanse digters in oorsese publikasies
Andries Bezuidenhout. Woorde en manne en sulke goed →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d