Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 September 200928 September 2009

I.L. de Villiers oorlede

I.L. de Villiers
I.L. de Villiers (1936 - 2009)

Dit is met spyt dat Nuuswekker vanoggend die afsterwe van I.L. de Villiers, een van ons mees bekende en geliefde digters, moet bekendmaak. Hy is Saterdagaand gedurende sy slaap oorlede. Izak de Villiers het in die Paarl grootgeword en aan die Hoërskool Paarl Gimnasium gematrikuleer. Nadat hy hom as predikant bekwaam het, het hy vir 19 jaar lank as predikant gedien in verskillende gemeentes van die NG Kerk, waaronder Albertinia, Bonnievale en Constantia. Hy het in hierdie tyd 47 beroepe ontvang. Na ‘n periode waarydens hy vryskutwerk gedoen het vir verskeie instansies, het hy in 1982 die pos as redakteur van die vrouetydskrif Sarie aanvaar; ‘n pos wat hy met groot onderskeiding behartig het. In 1991 is hy aangestel as hoofredakteur van Rapport en het ook vir etlike jare op die direksie van Rapport-Uitgewers gedien. 

Vyf digbundels het uit I.L. de Villiers se pen verskyn, te wete: Leitourgos (1972),  Manna oor die duine (1974), Gelykenisse en ander verse (1975), Leviet en Vreemdeling (1978) en Jerusalem tot Johannesburg (2005); almal deur Tafelberg Uitgewers uitgegee. In sy lewe is sy werk ook verskeie kere bekroon, onder andere die D.F. Malan-medalje (vir diens aan die Afrikaanse taalgemeenskap) van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in 2002. In 2003 ontvang hy die Best Publication Award van die Christelike Boekhandelaarsvereniging en in 2005 die Goue Toekenning van dié vereniging. Die digbundel Jerusalem tot Johannesburg is met die MNet-prys vir Poësie (2006) bekroon. Sy jongste digbundel Vervreemdeling, het in 2008 by Tafelberg uitgewers verskyn.

Izak de Villiers word oorleef deur sy vrou en twee seuns.

***

Graag vestig ek jou aandag op enkele nuwe plasings op die webblad: op sy blog spreek Charl-Pierre Naudé ‘n belangrike politieke aangeleentheid aan, naamlik in welke mate die staat binne ‘n demokratiese bestel aanspraak kan maak op burgerlike gehoorsaamheid al dan nie.  Dan is ons ook verheug om die derde Nuusbrief van De Contrabas te kon ontvang. Gaan lees gerus en vergewis jou met wat die knelpunte is waarmee daar tans in die Nederlandstalige letterkunde geworstel word. Ons eie maandelikse Nuusbrief aan hulle is ook gedurende die naweek op hul webblad geplaas en kan hier gelees word. Ten slotte, soos beloof, het Bernard Odendaal teen die einde van verlede week sy resensie van Breyten Breytenbach se nuutste bundel oorblyfsel / voice over geplaas en ‘n mens kan nie anders as om absoluut verstom te staan voor die magdom verwysings en nuanses wat Breyten in ‘n oënskynlike eenvoudige teks weggelê het nie; inderdaad ‘n besonderse toevoeging tot ons digkuns. 

Voorspoed vir die week wat voorlê. Hieronder, as ‘n huldeblyk, volg een van I.L. de Villiers se treffendste vroeë verse.

Mooi bly.

LE

 

By ‘n sterwende kindjie

Eddie, kan jy my hoor?
Dis ek, oom Dominee.

Jy moenie bang wees nie,
die Here Jesus sal jou self kom haal,

jou handjie vat,
Jy is mos lief vir Hom.
Weet jy, die stad waar Hy woon
is so mooi, met pêrelpoorte
en fonteine. Sagaria, die profeet, sê
oral op die pleine en die strate
speel die kindertjies
Moet ek dit vir jou lees?

Jy wou iets sê?
Wag, ek kom nader-
kon nie mooi verstaan nie.

Jy wil nie gaan nie

(c) I.L. de Viliiers (uit: Leitourgos)

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← ‘n Ringdig vir Vrouedag!
Huldeblyk.I.L. de Villiers (Joan Hambidge) →

2e gedagtes oor “I.L. de Villiers oorlede”

  1. Joan Hambidge says:
    16 April 2025 at 08:12

    Die dominee probeer die kind troos deur aanhalings uit die Bybel.
    Die slot is pynlik, want die kind wil nie sterf nie.
    Die krag van die gedig is opgesluit in die eenvoudige spreektaal (wat die kind sal verstaan) met die slot waar die dominee se trooswoorde aan die kind en homself niks beteken nie.

    Die profeet Sagaria, ‘n tydgenoot van Haggai, is ‘n prominente figuur in die Ou Testament. Hy het die koms van die Messias voorspel en die tempel in Jerusalem laat herbou. Die 38e Boek in die kanon.

    As ‘n mens die verwysings uit Die Bybel ken, word die gedig nog meer ironies.
    Maar net as ‘n gesprek tussen trooster en sterwende werk dit. In die eenvoud van die aanbod. Met die dominee wat homself ook probeer vertroos …

    Hierdie gedig is ook opgeneem in Bloeityd: Verse oor kinders (Tafelberg, 1993) – saamgestel deur Johann Johl en Rika Cilliers – ʼn bloemlesing met verse oor kinders.

    Reply
  2. MARK says:
    14 April 2025 at 20:28

    LOOKING FOR NOTES ON AFRIKAANS POEM BY N STERWENDE KINDJIE

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)

Nuutste bydraes

  • 100 Duitse Bestes: Jakob van Hoddis (1887-1942)
  • 100 Duitse Bestes: Georg Heym (1887-1912)
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Agterstevoorom
  • Joan Hambidge. Bertolt Brecht in Afrikaans

Nuutste kommentaar

  1. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)15 July 2025

    Gerard, die vertaling van die gedigte was 'n herkennismaking soos min.

  2. Gerard Scharn on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)13 July 2025

    Geweldig dichter, Benn. Toen ik hem leerde kennen werd ik door het lezen van zijn gedichten zelf ook dichter.

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  4. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

  5. Eugene Vorster on RIV Christiaan Diedericks7 July 2025

    “Live your Truth” vir Chris skielik is dit stil/ byna subliem/ (jy sal verstaan)/ net nou en dan ‘n nat…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d