Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 October 20096 October 2009

Philip Roth wen WELT se Literatuurprys

Philip Roth
Philip Roth

Pas het Welt Online bekend gemaak dat Philip Roth (1933) vanjaar die wenner is van die WELT-Literatuurpreis. Hierdie toekenning geskied enkele dae voor die aankondiging van die Nobelprys vir Literatuur wat eerskomende Donderdag om 13:00 in Stockholm aangekondig word. Roth word allerweë – ook volgens kommentators op hierdie webblad – as een van die gunstelinge beskou om vanjaar met “Die Grote” bekroon te word.

Volgens die beoordelaars is Roth reeds vir die afgelope vyf dekades een van die reuse van wêreldliteratuur. Alhoewel hy deurgaans die tragedie van die menslike bestaan met sy romans belig, geskied dit dikwels ook met humor en patos, het die jurie gesê.

Die paneel beoordelaars het bestaan uit Lord George Weidenfeld (Britse uitgewer), Bernard Schlink, bekende skrywer van The reader,  asook drs.  Rachel Salamander en Tilman Krause, Literatuur-redakteur van WELT. Die prysgeld beloop vanjaar €10,000. Vorige wenners van dié gesogte prys sluit onder andere Daniel Kehlmann (2007), Rüdiger Safranski (2006), Yasmina Reza (2005), Amos Oz (2004), Jeffrey Eugenides (2003), Leon de Winter (2002), Pat Barker (2001), Imre Kertész (2000) en Bernhard Schlink (1999) in.

Mmm, inderdaad lyk dit asof vanjaar die kroonjaar vir Roth gaan wees, of hoe?

***

Met al die bespiegelings rondom die Nobel-prys vir Letterkunde het ons heeltemal vergeet dat die wenner van vanjaar se MAN Booker-prys vanaand tydens ‘n geil geleentheid in London se Guilhall bekend gemaak word. Volgens die beroepswedders Ladbrokes is Hilary Mantel steeds die 8/13-gunsteling met haar roman Wolf Hall. En soos verwag, sal JM Coetzee nie teenwoordig wees nie. Indien hy vanaand geskiedenis maak deur die eerste skrywer te word om dié gesogte prys ‘n derde keer te verower, sal sy redakteur dit namens hom in ontvangs neem. Die volledige berig kan op The Guardian se webblad gelees word. Lees gerus ook die vorige Nuuswekker wat hieroor geskryf is.

***

En ai, hoe heerlik is dit nie om ons bloggers weer terug te verwelkom na hul veelvuldige omswerwinge nie … So het Andries Bezuidenhout ‘n kostelike stuk geplaas oor sy wedervaringe tydens die pasafgelope Aardklop-fees, terwyl Ronél Nel se vertelling van Oopmond  jou omtrent laat hyg van plesier; wat ‘n geleentheid moes dit nie gewees het nie! Sjoe, 600 mense … Welgedaan! Net so is Ilse van Staden se stuk oor poetries wat geskiet (moet) word, skreeusnaaks. En nog is het einde niet: Jan Pollet van De Contrabas se Nuusbrief oor verwikkeling daar bo in die ander halfrond is ook pas geplaas.

Ten slotte, nog ‘n treffende aanhaling uit Yves T’sJoen se stuk waarna ek gister verwys het: “Het streven van de dichter bestaat erin het ik en de ruimte van het volledig leven in taal te vatten, vanuit een grenzeloos geloof in de kracht van het woord dat identiteitsbepalend is. Maar ook, en misschien nog meer, in de overtuiging dat zwijgen uiteindelijk niet verbeterd kan worden.”

Lekker lees en maak maar gerus vandag asof jy ‘n Duracell-hasie is wat net aanhou en aanhou en aanhou …

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Nobelprys – Wat sê die beroepswedders?
Flou seksbeskrywings →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d