Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 December 20092 December 2009

Flou seksbeskrywings

Mmm, nou ja toe.
Mmm, nou ja toe.

Eergister is die wenner van “Bad Sex Award” aangekondig en vanjaar is die Frans-Amerikaanse skrywer Jonathan Little daarmee bekroon. Dit was glo die mitologies-geïnspireerde sekstoneel op ‘n guillotine in sy roman Les bienviellantes (wat pas in Engels vertaal is as The Kindly Ones) wat aan hom dié gewraakte toekenning besorg het. Ironies genoeg het Little in 2006 die Goncourt-prys, Frankryk se vernaamste toekenning vir letterkunde, met hierdie roman verwerf.

Die groot verassings was egter sowat ‘n week gelede toe die kortlys van tien nominasies bekend gemaak was, want hemel, hoe het die helde nie geval nie! Van gunsteling vir vanjaar se Nobelprys vir Letterkunde tot gunsteling vir die prys vir swak-geskryfde sekstonele … Dis nou einste Philip Roth. (Lees gerus op The Guardian se webblad die berig oor die kortlys.) Ewe breëskouer pronk Roth tussen ander bekroonde name soos John Banville (Booker-prys wenner), Jonathan Littell (soos reeds genoem, Goncourt-prys wenner), Paul Theroux (Whitbread-prys wenner) en Amos Oz, wat vanjaar die beroepswenners se gunsteling was vir die Nobel-prys. Nog ‘n verrassende naam op dié gevreesde lys is Nick Cave, bekende sanger en skrywer van die roman The Death of Bunny Munro.

“The idea behind the bad sex prize is to draw attention to the crude, tasteless, often perfunctory use of redundant passages of sexual description in the modern novel, and to discourage it,” het Auberon Waugh, sameroeper van die keurkomitee (of is dit “keerkomitee” in dié geval?) volgens The Guardian se beriggewer gesê.

Nietemin, in The Literary Review word die passasie uit Roth se nuutste roman, The humbling, wat direk volg op die insident waar die hoofkarakters, Simon en Pegeen, ‘n meisie by ‘n kroeg naderhaak en haar dan in hul woonstel verlei tot ‘n driepartystaat van erotiek en gewaande wellus, voorgehou as die gedeelte wat by uitstek kwalifiseer as flou seksbeskrywing. Dit lees soos volg: “This was not soft porn. This was no longer two unclothed women caressing and kissing on a bed. There was something primitive about it now, this woman-on-woman violence, as though in the room filled with shadows, Pegeen were a magical composite of shaman, acrobat, and animal. It was as if she were wearing a mask on her genitals, a weird totem mask, that made her into what she was not and was not supposed to be. There was something dangerous about it. His heart thumped with excitement – the god Pan looking on from a distance with his spying, lascivious gaze.” En dan is daar iewers ook nog sprake van ‘n groen dildo.

Sjoe, maar nou ja. In Afrikaans het ons natuurlik self ‘n paar kandidate vir ‘n soortgelyke toekenning. Of wat praat ek alles? So, hoe lyk dit – is julle lus om ‘n paar nominasies te pleeg nie? Veiligheidshalwe plaas ek eerder die volledige kortlys onderaan die Nuuswekker vanoggend, aangesien ek liefs nie ‘n vers as voorbeeld van swak beskryfde erotiek sou wou waag nie … (Terloops, al die genomineerde fragmente kan hier gelees word. Maar, onthou, jy doen dit op eie verantwoordelikheid.)

***

Intussen is dit gisteraand bekend gemaak dat De Papieren Man vanjaar met die “Dutch Bloggie” bekroon is. Dié toekenning gaan vir die beste Nederlands-Vlaamse literêre webtuiste. De Contrabas was die vorige houer van dié titel. Veels geluk aan Dirk Leyman en Hans Cottyn met dié prestasie. En vir die drie manne van De Contrabas: Jammer, julle. Nogtans bly jul ongelooflike blad vir ons – en vele ander – ‘n inspirasiebron.

***

Op ons eie blad is daar vanoggend sommer baie nuwe leesstof: In die brieweboks kan jy Willem de Vries, verslaggewer van Die Burger, se berig oor die pasafgelope Versindaba te lese kry, terwyl Yves T’Sjoen ‘n blog-inskrywing oor die stadsdigters van Gent en Antwerpen geplaas het; Charl-Pierre Naudé opper ‘n paar belangrike punte oor die stand van ons digkuns na aanleiding van die fees en die pad vorentoe terwyl Andries Bezuidenhout ons ietsie meer vertel van sy reis-indrukke in Duitsland. Dan het ons ook ‘n pragtige brief van Una Beekman ontvang waarin sy vertel van haar Versindaba-belewenisse. Hoe lyk dit? Wil jy nie ook vir ons skryf hoe jy die fees ervaar het nie?

En daarmee eers weer groet. Die week is waaragtig alweer halfpad verby …

Mooi bly.

LE

 

Kortlys vir die “Bad Sex Award”

 

Paul Theroux vir “A Dead Hand”

Nick Cave vir “The Death of Bunny Munro”

Philip Roth vir “The Humbling”

Jonathan Littell vir “The Kindly Ones”

Amos Oz vir “Rhyming Life and Death”

John Banville vir “The Infinities”

Anthony Quinn vir “The Rescue Man”

Simon Van Booy vir “Love Begins in Winter”

Sanjida O’Connell vir “The Naked Name of Love”

Richard Milward vir “Ten Storey Love Song”

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Philip Roth wen WELT se Literatuurprys
Desmond Painter. Hennie Aucamp se Oor en weer geresenseer →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Maritha Broschk. tafelgebed
  • Stephan du Toit. Namib
  • Joan Hambidge. The upturn palm

Nuutste bydraes

  • Stephan du Toit. Graaff-Reinet
  • Natasha Harmse. Die weefstoel
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Sanette Scheepers. Vrykoop
  • Natasha Harmse. As ek na Desember luister

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d