Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 October 20099 October 2009

Spesiale nuuswekker: Herta Műller wen die Nobelprys

Die wenner van die 2009 Nobelprys vir Letterkunde is toe nie Philip Roth, Amoz Oz of selfs Bob Dylan nie, maar die relatief onbekende (ten minste in die Engelstalige wêreld) Herta Műller. Volgens die Sweedse Akademie word hierdie Roemeens-gebore Duitser vereer vir kortverhale en romans wat, “with the concentration of poetry and the frankness of prose, depicts the landscape of the dispossessed.”

Herta Műller
Herta Műller

Ek moet bieg: voor vanmiddag het ek nog nooit van Herta Műller gehoor nie… Daar is, so ver ek kan naspeur, ook nog net vyf van haar boeke in Engels vertaal: The Passport (1989), The Land of Green Plums (1996), Traveling on one leg (1998), Nadirs (1999) en The Appointment (2001).

Műller is in 1953 in Roemenië gebore as deel van die Duitsprekende minderheid in daardie land. Gedurende die 1970s studeer sy Duitse en Roemeense literatuur, en raak betrokke by ‘n groep skrywers wat die Roemeense diktator teenstaan en aandring op spraakvryheid. Haar eerste boek, die kortverhaalbundel Niederungen (1982; in 1999 in Engels uitgegee as Nadirs), is in Roemenië verbied, maar is twee jaar later met groot welslae in Duitsland uitgegee. Nadat sy weens kritiek op die Roemeense regering nie meer in daardie land kon publiseer nie, emigreer sy in 1987 permanent na Duitsland. Sy woon tans in Berlyn.

Haar werke, volgens die Sweedse Akademie se webblad,  “give, with chisseled details, a portrait of daily life in a stagnated dictatorship.” Sy word beskou as een van die belangrikste hedendaagse Duitse skrywers.

 

Desmond Painter

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Desmond Painter. Die Nobelprys vir Philip Roth?
Letterlik, tóé onder boeke … →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d