Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 October 20099 October 2009

Letterlik, tóé onder boeke …

Hans Bauer se huis
Hans Bauer se huis

Op De Papieren Man lees ek van ‘n man, Hans Bauer (66), wat met ‘n geweldige probleem te make het … Dié fanatiese boekversamelaar is naamlik deur die Groningense hof opdrag gegee om binne twee weke van sy totale boekversameling van meer as 5,000 titels ontslae te raak. Dit was nou nadat die eienaars van die huis wat Bauer huur, hom by die hof verkla het aangesien sy versameling, volgens hulle, ‘n ernstige brandgevaar inhou.  

Blykbaar het Bauer geen benul hoe om dié kopseer te hanteer nie; hy hoop maar dat familie en/of vriende hom tegemoet kan kom. Tydelike bergplek is wel aangebied by die Centraal Boekhuis vir ‘n periode van ses maande, maar hy sal beslis ‘n ander heenkome vir sy boeke moet vind. Tydens die onderhoud het Bauer glo op bedeesde manier soos volg geantwoord op die vraag of hy nie dink dat sy stokperdjie ietwat buite beheer geraak het nie: “Inderdaad heeft mijn hobby een beetje uit de hand gelopen, maar onleefbaar zou ik mijn huis nog niet willen noemen. Ik heb nog twee stoelen om op te zitten: een voor mezelf en een voor bezoek.”

Die ergste is dat hierdie nie die eerste keer is wat Bauer met só ‘n probleem te make het nie; enkele jare gelede moes hy blykbaar óók van sowat 4,000 boeke ontslae raak …

***

Die groot nuus vanoggend is natuurlik die Nobel-prys vir Letterkunde wat gister aan die Roemeens-gebore Duitse skrywer, Herta Müller, toegeken is. Volgens die beoordelaars verdien Müller dié verering weens die feit dat sy die “landscape of the dispossessed” beskryf met “the concentration of poetry and the frankness of prose. Müller returns constantly to the oppression, dictatorship and exile of her own life in her novels, essays and poems.” Peter Englund, sekretaris van die Sweedse Akademie, het na die aankondiging die volgende te sê gehad: “On one hand she’s an excellent author with truly fantastic language, and on the other she has the capacity of really giving you a sense of what it’s like to live in a dictatorship, also what it’s like to be part of a minority in another country and what it’s like to be an exile.” Hy het ook haar “extreme precision with words” aangeprys en bygevoeg: “She has been living in a dictatorship which constantly misused and abused language, and this has forced a sort of scepticism in her regarding the use of words, the use of language. She has a very, very fine-tuned precision in her language.” Gaan lees gerus die volledige berig op The Guardian se webblad. Oorsigte van haar lewe en werk is op die Nobel-prys komitee se amptelike webblad te vind, asook by Wikipedia, uiteraard.

Ten slotte – ‘n groot dankie aan Desmond Painter wat gistermiddag in my afwesigheid ‘n Spesiale Nuuswekker oor die toekenning voorberei en geplaas het. Ons is nogals trots daarop dat ons bykans oombliklik die nuus aan ons lesers kon bekend maak … Dankie daarvoor, Desmond.

***

Twee nuwe plasings op die webblad wat beslis ‘n lees verdien, is Andries Bezuidenhout se reaksie op Jelleke Wierenga se onlangse skrywes op LitNet, asook Bernard Odendaal se vernuftige analise van Sheila Cussons se gedig “Christ of the burnt men”.

Lekker lees en hê pret met die naweek wat in jou hande gegee is.

Mooi bly.

LE

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Spesiale nuuswekker: Herta Műller wen die Nobelprys
Louis Esterhuizen. Herta Müller se digkuns →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Antjie Krog: ʼn  Ondersoekte lewe.  ʼn Huldiging" (Louise Viljoen, Red.)
  • Resensie: "Feesmaalgang" (Dietloff van der Berg)
  • Resensie: “De ontdekking van het eiland: breytenbachiana” (Yves T’Sjoen)
  • Resensie: "Asindeton" deur Joan Hambidge
  • Resensie: "Ontbloot" (Marthé McLoud)

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. kosmiese adres
  • Johann Lodewyk Marais. Rooibok
  • Paul Kloppers. buurt
  • ND Cronjé. seisoene in ‘n rei
  • Paul Kloppers. kwyn

Nuutste kommentaar

  1. Benita Hartman on ND Cronjé. seisoene in ‘n rei10 April 2026

    Vernuftig sikleer die digter seisoene in gestroopte taal,met alle sintuie fyn ingestel - atmosferies. Puik.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Goed gaan8 April 2026

    Dankie, Paula. Ek waardeer die terugvoering.

  3. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Goed gaan8 April 2026

    'n Kragtige slot. 'n Pynlike lykdig wat 'n familieverbintenis verhaal teen die politieke agtergrond. En lyfseer aktiveer hartseer.

  4. André le Roux on Hennie Nortjé. Artemis 27 April 2026

    Die voorspelling word bevestig. Fyn opgemerk en saamgevat!

  5. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Goed gaan7 April 2026

    Dankie, Daniel. Dié veertjie van jou af steek ek ingenome in my hoed!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d