Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 November 20094 September 2013

Andries Bezuidenhout. Hul laaste dae in Johannesburg, skets 5a

1
Dis somer. In die nag maak hulle die kamerdeur op die woonstel se balkon oop.

2
The 35-hectare site on which the observatory stands was declared the city’s first meteorological observatory site in 1903, the land having been given to the government by the Bezuidenhout family, one of the first white land owners in the area. It was donated for the purpose of “science carried on in an observatory, for meteorological, astronomical or strictly allied subjects”.

3
Doer ver is Kensington en Bezuidenhoutsvallei se ligte. Hulle kan ook die koppie sien met die grot waar die Fosterbende ʼn eeu gelede selfmoord gepleeg het. Anderkant die koppie is Belgravia, met die oorblyfsels van die mynhuis naby die treinspoor, waar sy oupa gebore is. As jy links kyk kan jy East Gate sien, die sentrum waar die kontinent se elite (dié wat dit nie kan bekostig om Londen en Parys toe te gaan nie) hul inkopies kom doen. Dis gebou min of meer waar sy oupa-hulle se kleinhoewe was, toe hy as kind met die trein gery het om skool toe te gaan by Helpmekaar.

4
Observatory Golf Club is built on the William Light Park and possibly has the best drainage of any course in Johannesburg. Golf started in Observatory over a 9-hole course in 1912 and Observatory Golf Club was officially established in 1914, with the course extended to 18 holes in 1922. Observatory Golf Club is the oldest golf club in Johannesburg still operating from its original ground. It was the home club of Bobby Locke, South Africa’s first ever Major Winner. He won the Open Championship four times between 1949 and 1957. But he was involved in a horrific car accident in 1959 and the migraine headaches and eye problems that resulted effectively ended his playing career. He continued to play on a social level in Club Competitions at various clubs in Johannesburg. Locke was a snazzy dresser on the course, and liked to sing songs to his own accompaniment on the ukulele. He was elected to the World Golf Hall of Fame in 1977.

5
Hulle hoor kiewiete op die gholfbaan. Anderkant die gholfbaan woon Wikus en Melanie in ʼn groot huis met ʼn stoep. Daar is ʼn park aan die huis se agterkant. In die park, teenaan die tuinmuur, staan ʼn akkerboom. Van die akkerboom se takke hang oor die muur. In die nag slaap daar ʼn man in die boom. As hy sou uitval, sal hy in Wikus en Melanie se laventelbedding beland. Op ʼn vreemde manier moet hy veilig voel in die nag, want tegnies is daar ʼn elektriese heining tussen hom en die park, waar die boom staan. In die dag is hy weg. Al wat jy dan sien is sy pienk kombers, wat hy in die boom bêre.

6
Bronne: www.golfoncourse.co.za www.joburgnews.co.za www.egoligolf.com www.observatorygolfclub.co.za

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Hul laaste dae in Johannesburg, skets 5b
Andries Bezuidenhout. Oorlog, goud en diamante →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d