Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 January 201018 January 2010

Uitgestelde roem

Robert Tannahill
Robert Tannahill Gedenkteken

Die naweek het ek iewers weer daardie óú slagspreuk van “Liberation now, education later” raakgelees. Derhalwe is die versoeking gewoon té groot en begin ek vanoggend se Nuuswekker met ‘n wysiging daarvan: “Eers sterf, daarna roem,” want Robert Tannahill, ‘n Skotse digter wat op 17 Mei 1810 selfmoord gepleeg het nadat sy manuskrip afgekeur was deur twee uitgewers, gaan tydens ‘n spesiale geleentheid op die 200-jarige herdenking van sy dood vereer word.

‘n Hele kultus het glo rondom Tannahill se nalatenskap ontstaan na sy dood. So was die spesiale herdenkingsdiens met die eeufeesviering van sy dood deur nie minder as 15,000 mense bygewoon nie. Volgens Valerie Reilly, hoof van die museum te Paisley waar Tannahill geleef het, was hy veral bekend as ‘n digter wat die natuur besing het.  “Right from being a child, he walked in the woods,” het sy aan die BBC gesê. “We’re only a few hundred yards away from what used to be Thou Bonnie Wood O’ Craigielea, which later became the notorious Ferguslie Park housing estate and he loved walking among nature and observing and then putting his thoughts down on paper. He kind of considered himself to be the second Robert Burns. He’s not quite up there with Burns but he’s not far behind and his work is still very much appreciated and some of his songs are still sung.”

Tydens die fees wat vir Mei-maand vanjaar beplan word, sal daar ‘n reeks konserte, asook voordragte, lesings en wandelings deur sy geliefkoosde besigtigingsplekke aangebied word.

Vir jou leesplesier volg Tannahill se gedig “Bonnie Wood O’ Craigielea” waarna Valerie Reilly verwys het.

***

Intussen het Ester Naomi Perquin haar eerste Wisselkaart op die tafel geplaas. Met Roel Richelieu van Londersele, een van die genomineerdes vir die Herman de Coninck-prys wat op 28 Januarie aangekondig word, is daar onlangs ‘n onderhoud gevoer. Nog ‘n besonderse toevoeging tot die webblad is Joan Hambidge se verslag van haar pasafgelope reis na Egipte, mét enkele gedigte wat daaruit voortgevloei het daarby … Ook die vier nuwe gedigte wat van Hennie Aucamp ontvang en geplaas is, is ‘n móét lees.

Mag hierdie week stewig in sy groewe lê vir jou.

Mooi bly.

LE

 

Bonnie Wood O’ Craigielea

 

Thou bonnie wood o’ Craigielea!
Thou bonnie wood o’ Craigielea!
Near thee I pass’d life’s early day,
And won my Mary’s heart in thee.

 

The brume, the brier, the birken bush,
Blume bonnie o’er thy flowery lee,
An a the sweets that ane can wish
Frae Nature’s han, are strewed on thee.

 

Far ben thy dark green plantin’s shade,
The cushat croodles am’rously,
The mavis, doon thy bughted glade,
Gars echo ring frae ev’ry tree.

 

Awa, ye thochtless, murd’rin gang
Wha tear the nestlins ere they flee!
They’ll sing you yet a cantie sang,
Then, oh! in pity let them be!

 

Whan Winter blaws, in sleety showers,
Frae aff the Norlan hills sae hie,
He lichtly skiffs thy bonnie bow’rs,
As laith tae harm a flow’r in thee.

 

Though fate should drag me south the line,
Or o’er the wide Atlantic sea,
The happy hours I’ll ever mind
That I, in youth, hae spent in thee.

 

Ongewone woorde:
brume=broom
birken=beech
han=hand
ben=within
cushat croodles=woodpigeon nestles
mavis=thrush
bughted=sheltered
gars=makes
cantie=tuneful
lichtly skiffs=lightly skim
laith=loath

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Ester Naomi Perquin – Bovenaanzicht
Herman de Coninck-pryswenners →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • Andrea Sieberhagen. Koljander so deur die bos
  • Keith Oliver Lewis. vroeg ryp, vroeg vrot: mirror chat before the runway
  • 100 Duitse Bestes: Hermann Hesse (1877-1962)
  • Nini Bennett-Moll. Die veelkantige oeuvre van Marlise Joubert
  • Joan Hambidge. Oosterse digkuns II

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)17 June 2025

    Baie dankie, Ilse. Dié vertaalprojek is ‘n opwindende en uitdagende onderneming soos min vir my en Robert.

  2. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  3. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  4. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  5. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d