Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 January 2010

Poësie as teengif

Charles Ducal
Charles Ducal

Hierdie week vier ons kollegas in die ander halfrond hul “Gedichtendag” en die Vlaamse digter, Charles Ducal, is spesiaal gevra om vir dié geleentheid ‘n essay te skryf wat gratis via alle boekwinkels versprei sal word. Die titel van Ducal se essay is “Alle poëzie dateert van vandaag.” Volgens die berig op Het Beschrijf handel dié pleidooi vir die poësie oor die krag en aktualiteit van die digkuns; ‘n tema wat nogal netjies aansluiting vind by ons eie Blog-fokus vir Januarie, soos die volgende aanhaling van getuig: “Massa’s gedichten strelen of verrassen even, en verslijten dan. Een prachtig gedicht brandt als een kus, snijdt als een mes, slaat in als de bliksem. Het zet de wereld in een onbekend licht. Het maakt de ogen wijder, de oren opener, het hart groter. Het is tegengif tegen zo veel: banaliteit, gezwets, verdoving, overdreven ernst, conditionering, moedeloosheid, eenzaamheid, routine, stress, winterkou. Het is soms spel, soms raadsel, een slag die de spijker in één keer binnendrijft, soms helderheid, soms mysterie. En altijd een lied.”

Verdermeer het Ducal op 13 Januarie ‘n kort lesing as voorspel tot sy essay gelewer wat handel oor die verskillende maniere waarop ‘n gedig gelees kan word. Fassinerend. Gaan kyk gerus hier.

Charles Ducal (1952) is die skrywer van etlike digbundels. Vir In inkt gewassen het hy die Herman de Coninck-prys ontvang. Sy mees onlangse bundel, Toegedekt met een liedje, is weer vir dieselfde prys genomineer. Vorige skrywers van die Gedichtendagessay is Paul Bogaert en Luuk Gruwez.

Heelonder volg een van Charles Ducall se gedigte.

***

Nuwe plasings gedurende die naweek is ‘n verwerkte weergawe van die omvattende onderhoud wat Charl-Pierre Naudé met Breyten Breytenbach gevoer het en wat in gister se Rapport verskyn het, asook twee nuwe gedigte deur Daniel Hugo. Aan die blogkant van sake herinner Andries Bezuidenhout ons aan James Phillips, een van die legendes in ons plaaslike musiekbedryf, terwyl Desmond Painter dit weer oor ‘n ánder musieklegende het … Mmm, en dan het ons ook ons eerste bydrae tot vandeesmaand se blogfokus deur Chris Coolsma, ‘n Nederlandse leser, ontvang en hy sê: Alles het met musiek begin … (Iets wat ook weerklank vind in die aanhaling oor Charles Ducal se pleidooi hierbo.)

Daarom – skep musiek met alle mag waar jy jou ook al hierdie week mag bevind; dit is (en bly) immers ons enigste verset teen al die geraas wat ons daagliks omring … 

Mooi bly.

LE

 

AFVAART

Een deur knarst, een lamp zoemt aan.
Betrapt vlucht een rat
het plafond in.

Gewekt uit het vlees stijgt
het rumoer van de honger.

Onwerkelijk zwaar hangt het stof
in de webben, onwerkelijk
weegt de stank.

Was u hier eerder al?

Onder de lading stijgt
traag en vet
de giftige stroom.

Kent u de regels aan boord?

Een motor slaat aan.
In de buizen begint het schudden,
het meel valt.

Kalm tekent de veerman
de ruggen,
controleert zijn getal.

 

© Charles Ducal (Uit: In inkt gewassen, 2006: Atlas Uitgewers)

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Charles Ducal wen Melopee-prys
Poësie as afgekoelde maaltyd →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Skulpkrale: Kwatryne” (Marié Heese)
  • Nuwe publikasie: “Nogmaals vir die bysiende leser” (Joan Hambidge & Marlies Taljard, Reds.)
  • 100 Duitse Bestes: Jakob van Hoddis (1887-1942)
  • 100 Duitse Bestes: Georg Heym (1887-1912)
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Melanie Grobler on RIV Christiaan Diedericks18 July 2025

    Eugene, baie dankie vir jou gedig. Met liefde, Melanei Grobler.

  2. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)15 July 2025

    Gerard, die vertaling van die gedigte was 'n herkennismaking soos min.

  3. Gerard Scharn on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)13 July 2025

    Geweldig dichter, Benn. Toen ik hem leerde kennen werd ik door het lezen van zijn gedichten zelf ook dichter.

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  5. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d