Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 February 20106 February 2010

Hennie Aucamp. Die liefdesvers

Blogfokus

Die Liefdesvers: ingeboude geheime en beveiligings

 

Talle liefdesgedigte het ‘n ingeboude geheim wat dalk juis bydra tot die hoogspanning van dié subgenre van die poësie.  Die geheim lê hierin dat die en die jy van ‘n liefdesgedig  nie altyd sonder meer identifiseerbaar is nie.  Is dit ‘n man wat met ‘n vrou praat, of omgekeerd?  Of is dit ‘n vrou wat met ‘n vrou praat; ‘n man wat met ‘n man praat?

‘n Gedig soos die Middeleeuse juweel “Egidius, waer bestu bleven?” is ‘n boeiende voorbeeldgeval.  Dié gedig bied hom feitlik aan vir ‘n homoërotiese interpretasie:

Egidius, waer bestu bleven?

Mi lanct na di, gheselle mijn.

Du coors die dood, du liets mi tleven

Dr. Etienne Britz het egter in ‘n deeglik nagevorste artikel op Gay Litnet bewys dat “Egidius” nie ‘n gay gedig is nie.  Dis die roubeklag van ‘n getroude man vir ‘n gestorwe vriend.

En wie is byvoorbeeld die “dark lady” van die Shakespeare-sonnette? Oscar Wilde het vanweë ‘n slordige leesfout aanvaar dat Shakespeare sy liefdesonnette aan ene Mr W.H. opgedra het, en Wilde het ‘n Willie Hughes geskep wat ‘n jong akteur in Shakespeare se geselskap sou gewees het.  Wilde se slim speurtog, via die sonnette, is ‘n Conan Doyle waardig, maar interne getuienis vir sy aanname bestaan natuurlik nie.

Van aannames gepraat, dink maar aan al die gissings wat voeër aan “As ek my vreemde liefde” van I.D. du Plessis gekoppel is.  Geslagte skoolkinders het geleer dat die “vreemde” geliefde ‘n Oosterse prinses was, en in gay kringe is gespekuleer dat die “vreemde liefde” in “As ek my vreemde liefde” na ‘n jong Maleierman verwys.

Toe Hubert du Plessis “As ek my vreemde liefde” getoonset het, het hy I.D. du Plessis reguit gevra wie die “vreemde liefde” was, en I.D. du Plessis het onverstoorbaar geantwoord: “Hugo Naudé”.  Word “As ek my vreemde liefde” nou ‘n mindere gedig omdat ons weet wie die geliefde is? Hoegenaamd nie.  Die gedig bly “oop”, onaangetas deur buitetekstuele inligting.

En wie is die ek en wie is die jy in Leipoldt se smagtende liefdesvers “Wys my die plek”?  Nellie du Toit sing dié lied voortreflik vanuit die voueperspektief in Gideon Joubert se toonsetting daarvan vir volle orkes, maar wie dié gedig lees, sou aan die ek as ‘n man dink, bloot al omdat dit deur  ‘n man geskryf is.

Vertolkers van liefdesliedere skyn hulle in die eerste plek met die sentimente van ‘n liefdeslied te vereenselwig, en ‘n mens neem aan dis wat baie lesers van liefdespoësie ook spontaan doen.  Op dié wyse raak die vraag na wie die ek en die jy in liefdespoësie is eintlik ‘n akademiese aangeleentheid.

Hoofsaak in liefdespoësie is die liefde self, daardie oerenergie wat selfs ná eeue kan ontroer en besiel, soos in die ragfyn “Egidius-lied”.

 

(Hennie Aucamp)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. ID du Plessis se politieke rol?
Nini Bennet. Met apologie →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d