Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 February 201017 February 2010

Donker tye vir Britse boekhandelaars

Bedreigde spesie
Bedreigde spesie

Daar is inderdaad min bedrywe ter wêreld waar die belange van alle rolspelers so verweef is met mekaar soos dit in die boekbedryf die geval is. Daarom dat enige boekhandelaar met kriewelende nekhare en ‘n lastige gejeuk in sy kieliebakke die volgende berig op The Guardian se webblad sal lees.

Volgens hul beriggewing het die Britse Booksellers Association bekend gemaak dat 102 onafhanklike boekwinkels hul deur finaal gesluit het in 2009. Dit verteenwoordig ‘n daling van 27% in die aantal onafhanklike boekwinkels. Die twee vernaamstes onder dié groep wat gesluit het, is Murder One, ‘n boekhandel wat in misdaadfiksie gespesialiseer het, en Kaydee Bookshop wat 60 jaar in bedryf was en in 1992 nog vereer was as die beste onafhanklike boekhandel in Engeland.

Dit is egter nie net die onafhanlike boekwinkels wat deur die negatiewe bedryfsfaktore geaffekteer word nie. Borders, met sy 45 takke landwyd, is verlede jaar onder kuratorskap geplaas, terwyl Waterstone’s bekend gemaak het dat hul verkope in die kritieke Kersfees-mark met 8.5% afgeneem het in vergelyking met die vorige jaar.

“The current economic climate is undeniably tough and the book retail sector is suffering across the board,” het Meryl Halls, voorsitter van die Booksellers Association’s gesê. Sy het ook ‘n beroep op boekliefhebbers gedoen om die onafhanklike boekwinkels te ondersteun aangesien hulle, ten spyte van ‘n stryd om oorlewing “continue to deliver an outstanding service – knowing the books they recommend and sell, knowing their customers, focusing on things that the deep price cutters can’t offer and running fantastic and value-adding events. These booksellers are at the centre of their communities but, as with all retailers, they need to be supported in order to survive.”

Op die Booksellers Association se webblad is daar ‘n paar riglyne uiteengesit ten einde dié krisis hok te slaan; onder andere dat die voorbeeld van die Nederlandse en Sweedse boekwinkels gevolg moet word deur meer gesamentlike projekte van stapel te stuur.

De Papieren Man het juis in n verwante berig verslag gedoen van ‘n 10% styging in omset en 5.8% meer boeke wat verkoop is verlede jaar in de Vlaamse boekwinkels; merendeels te danke aan ‘n “stormloop” vir kook- en kinderboeke. Ook vertaalde romans deur twee megaverkopers, Stieg Larrson en Stephenie Meyer, het gehelp dat ‘n silwer randjie om dié rosige wolk sigbaar bly.

*** 

Vanoggend lê die webblad omtrent tot teen die balke gestapel met nuwe inhoud. So is daar die vier manjifieke artikels oor die digterskap van TT Cloete wat ons van Tydskrif vir Geesteswetenskappe ontvang het vir plasing, naamlik die artikels deur Heilna du Plooy, Rensia Robinson, Hein Viljoen en Johann Lodewyk Marais. Ook het ons ‘n uitgebreide onderhoud met TT Cloete opgespoor wat verlede jaar opgeneem is en oor die bestek van 15 videos beluisterkyk kan word. Aan die blogkant van sake is daar nuwe plasings deur Andries Bezuidenhout, Philip de Vos, Johann Lodewyk Marais en Ilse van Staden, asook twee nuwe gedigte deur Danie Marais.

En ja, ten slotte is daar die ding wat ek nie langer kan ontken nie. Ek het ‘n nuwe digbundel gepleeg en dit is gister by die winkels afgelewer. Soos gebruiklik plaas ons ‘n onderhoud om die geleentheid te vier. Lees dus gerus die onderhoud wat Andries Visagie met my gevoer het. By Publikasies kan meer inligting oor “wat die water onthou” gevind word.

Lekker lees en skryf tog maar ‘n brief vir Brieweboks oor jou gunsteling liefdesvers(e)? Die tyd raak min om te kwalifiseer vir vandeesmaand se boekprys …

Mooi bly.

LE

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. Charles Darwin, die natuurwetenskappe en die verwondering in TT Cloete se poësie
Andries Bezuidenhout. Oopmond in beeld en Facebook →

2e gedagtes oor “Donker tye vir Britse boekhandelaars”

  1. Alwyn Roux says:
    3 May 2010 at 07:15

    Goeiedag julle, ek hou werklik baie van Versindaba se webwerf. Ek sien julle het die video’s van TT Cloete opgespoor. Ons tweedejaarsklas van 2002 het onderhoude met TT Cloete, Hein Viljoen, Heilna du Plooy, Hans du Plessis en Jan Swanepoel gedoen, en ek het van die onderhoude laasjaar op die web gelaai. Die onderhoude met Heilna du Plooy en Hans du Plessis is ook op die internet beskikbaar. Gaan besoek gerus ook ons webwerf by http://www.pyponline.co.za.

    Reply
  2. Albert Versfeld says:
    17 February 2010 at 13:41

    Liewe magtig, wat ‘n webblad! Nou kan ek ook in die woorde van Die Prediker sê: “Beam me up, Scottie …” Want nou’t ek alles gesien en dis ‘n wonderbaarlike gesig. Lank lewe die poehesie!!!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d