Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 March 201014 May 2010

Breyten Breytenbach. All One Horse

Omslag
Omslag

‘n Lieflike publikasie van Breyten Breytenbach wat deur sy internasionale uitgewer, Archipelago Books, heruitgegee is en nou weer in die handel beskikbaar is, is All One Horse – ‘n versameling met sewe-en-twintig essays en afdrukke van sewe-en-twintig waterverfskilderye. En soms weet ‘n mens gewoon nie wat die mees aangrypende is nie; die woordskilderye of die verfgedigte, want soos ‘n mens by Breytenbach leer verwag het, bestaan daar geen grense (of onderskeid) nie:  “Heaven and earth are one finger, all things are one horse,” haal hy ‘n gesegde van Chang Tzu ter verduideliking aan in sy “voorwoord” wat ironies genoeg onderteken is as A. Uthor.

Pure Breyten, pure briljantheid. En as somtotaal van onbegrensde dinge, ‘n totaal uitbundige kartografie van ballingskap, primordiale mitologie, surrealistiese denke en filosofie – veral van tyd en geskiedenis – asook die kuns, hetsy visueel of talig.  

Bookslut se resensent som dié boek soos volg op: “Each surreal, interconnected piece in All One Horse has the effect of quicksand or a tornado – you travel entirely into its vortex and, afterwards, retain only some remnants of the experience. You remember an image, maybe, or a moment, or some dreamy scenes that mutate and grow in your mind later. Yet there is weight to every passage, political weight, human weight, natural weight.”

Maar kom ons sluit vanoggend se Nuuswekker af met Breyten in sy eie woorde. Ek neem dit uit die essay “Like a Whiplash” waarin hy oor die kwessie van poësie as kunsvorm besin: “I repair to the toilet to perch over nothingness. Like an angel sickening for take-off. And there I die inside out. The discretion of poetry, all the more polite for never being talked about, is the hiding of the bitterness of evacuation.”

***

Op die webblad is ‘n hoogtepunt sekerlik Yves T’Sjoen se sewende aflewering in sy reeks oor peritekste; dié keer oor die digkuns van Saskia de Jong. Maar wat is “peritekste”, mag jy vra. Wel, Yves verklaar dit besonder goed in die openingsparagraaf van genoemde stuk: “Een gedichtenbundel is meer dan een bundeling van gedichten. Het boek is een artefact waarin de dichter meerdere tools in stelling brengt die de teksten met betekenissen kunnen opladen.” Fassinerende leesstof, inderdaad.

Nog plasings is nuwe blogs deur Andries Bezuidenhout en Lize Viljoen.

En dan is dit boonop naweek! Lekker lees aan alles en hê pret met wat ook al op hande is.

Mooi bly.

LE

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Evette Weyers. Op reis deur visuele en woord landskappe
Breyten Breytenbach en Charl-Pierre Naudé in gesprek met mekaar →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d