Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 May 201026 May 2010

Rotterdam se 41ste Internasionale Poësiefees

Plakkaat
Plakkaat

Die besonderhede vir Rotterdam se 41ste Internasionale Poësiefees is verlede week met die nuutste uitgawe van Poetry International Web bekend gemaak. Dié fees sal vanjaar van 11 tot 18 Junie in die Stadsteater van Rotterdam plaasvind en in hoofsaak digters van Afghanistan, VSA, Brasilië, Suid-Korea, Soedan en Rusland by die program betrek.

Volgens die persverklaring word die tema vir vanjaar se fees soos volg verwoord: “This year, the festival will explore the boundaries and relationships between prose and poetry, and we’ll also be putting the spotlight on contemporary poetry from the United States. In addition to showcasing guest poets from around the world, throughout this exciting week we’ll host special events about Wislawa Szymborska, Fernando Pessoa, Herman Gorter, the classic Persian love story of Layla and Madjnun, and much more.”

Vir jou leesplesier plaas ek Fernando Pessoa se vers wat as “Himself” vertaal is, onder aan hierdie Nuuswekker. Vir meer inligting kan die webtuiste besoek word. ‘n Lys van die deelnemende digters, met inligting oor hulle, is hier te vinde. ‘n Spesiale feesblog is ook vir dié geleentheid tot stand gebring.

***

Vanoggend verwelkom ons die eerste twee bydraes deur deelnemers aan Buiteblik, ons nuwe kollektiewe blog deur Afrikaanssprekende poësieliefhebbers in die buiteland. Hulle is Leon Retief (van Moose Jaw in Kanada) en Marcelle Olivier (Cambridge, Engeland) en hulle skryf onderskeidelik oor die digkuns van Don Domanski en die pasafgelope verkiesing in Brittanje. ‘n Derde medewerker, Carina van der Walt, sal eersdaags haar eerste bydrae in die blik plaas … Intussen kan jy hier meer oor hulle te lese kry.

Dan is daar ook’n nuwe blog deur Desmond Painter,  en ‘n bydrae deur Chris van der Westhuizen oor vandeesmaand se Blogfokus in die Brieweboks. Verder het Bernard Odendaal sy resensie van Die skyn van tuiskoms – ‘n Keur uit die gedigte van Lina Spies wat deur Johann de Lange saamgestel is, geplaas. In die vertaalkamers kan jy die Engelse vertaling van ‘n nuwe gedig deur Melanie Grobler, “Seekus” lees. Sy is self verantwoordelik vir dié vertaling.

Dit alles sommer weer ‘n hele kruiwa vol nuwe inhoud.

Lekker lees en geniet die dag wat op hande is …

Mooi bly.

LE

 

I don’t know how many souls I have.
I’ve changed at every moment.
I always feel like a stranger.
I’ve never seen or found myself.
From being so much, I have only soul.
A man who has soul has no calm.
A man who sees is just what he sees.
A man who feels is not who he is.

Attentive to what I am and see,
I become them and stop being I.
Each of my dreams and each desire
Belongs to whoever had it, not me.
I am my own landscape,
I watch myself journey –
Various, mobile, and alone.
Here where I am I can’t feel myself.

That’s why I read, as a stranger,
My being as if it were pages.
Not knowing what will come
And forgetting what has passed,
I note in the margin of my reading
What I thought I felt.
Rereading, I wonder: “Was that me?”
God knows, because he wrote it.

 

 

© Vertaling: 1998, Richard Zenith.

(Uit: Fernando Pessoa & Co. – Selected Poems, Grove Press, New York, 1998. ISBN: 0-8021-3627-3

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d