Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 July 20106 July 2010

Nazim Hikmet se nalatenskap te koop aangebied

Nazim Hikmet
Nazim Hikmet

Volgens ‘n berig op Knack word Nazim Hikmet (1902-1963), grondlegger van die moderne Turkse digkuns en ‘n digter oor wie Nuuswekker al vantevore berig het, se nagelate manuskripte nou deur Galina G. Kolesnikova, sy 94-jarige oud-minnares, te koop aangebied. Sy wil 1 miljoen USD daarvoor hê; twee jaar gelede het sy glo ook Hikmet se kar wat hy aan haar nagelaat het, vir die magistrale bedrag van 600 USD verkoop aan ‘n bewonderaar van sy digkuns.

Blykbaar stel die Turkse ministerie vir Kultuursake belang in die aanbod, maar hulle beskik helaas nie oor die nodige fondse nie. Daar is, volgens die berig, egter heelwat aktiwiteit in Anakara agter die skerms aan die gang deur vriende en ander belanghebbendes wat probeer om die nodige fondse te kry ten einde te verhinder dat dié kosbare nalatenskap in “vreemde hande” beland.

Nazim Hikmet word allerweë beskou as waarskynlik die vernaamste grondlegger van die moderne Turkse poësie. Weens sy positiewe gesindheid jeens die Russiese Revolusie is hy egter in sy tuisland hiervoor veroordeel en vervolg. In 1921 het hy na die Sowjet-Unie gevlug en kunsgeskiedenis in Moskou bestudeer. Met sy terugkeer na Turkye in 1928 is hy summier gearresteer en tot 28 jaar gevangenisskap veroordeel. Tydens sy gevangenisskap het hy die grootste deel van oeuvre geskryf en onder andere ook Tolstoy se Oorlog en vrede in Turks vertaal. In 1950 is hy egter na ‘n uitgebreide hongerstakling en internasionale protestaksie vrygelaat en het hy na Moskou gevlug waar hy tot met sy dood 1963 gewoon het. Dit is juis tydens hierdie ballingskap dat hy Galina G. Kolesnikova ontmoet het. Sy was ‘n geneesheer en het hom dan ook tydens sy uitgerekte siekbed versorg.

Burgerskap is eers verlede jaar postuum deur die Turkse regering aan Nazim Hikmet toegestaan.

As toegif plaas ek onder aan vanoggend se Nuuswekker die gedig “Angina pectoris” in die Engelse vertaling.

***

Vanoggend is daar slegs een nuwe plasing om aan te kondig, en dit is Astrid Lampe se insetsel by Wisselkaarten, “Met opzet verdwalen“.

Lekker lees en geniet die Dinsdag. 

LE

 

Angina pectoris

 

If half my heart is here, doctor,
the other half is in China
with the army flowing
toward the Yellow River.
And, every morning, doctor,
every morning at sunrise my heart
is shot in Greece.
And every night, doctor,
when the prisoners are asleep and the infirmary is deserted,
my heart stops at a run-down old house
in Istanbul.
And then after ten years
all i have to offer my poor people
is this apple in my hand, doctor,
one red apple:
my heart.
And that, doctor, that is the reason
for this angina pectoris–
not nicotine, prison, or arteriosclerosis.
I look at the night through the bars,
and despite the weight on my chest
my heart still beats with the most distant stars.

© Nazim Hikmet (vertaal deur: Randy Blasing and Mutlu Konuk ,1993)

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Bestekopname
  • AVBOB Persverklaring
  • Willem M. Roggeman. De meerwaarde van de verbeelding
  • Joan Hambidge. Brief, 10 November 2025
  • Carina van der Walt. Paryse dagboek

Nuutste kommentaar

  1. Marlies Taljard on Nuwe publikasie: “Troilus and Criseyde” in Afrikaans vert. deur Johan Boje10 November 2025

    Besonder insiggewende inleiding wat onmisbaar is wanneer mens so 'n vertaling lees. Baie geluk met 'n wêreldklas vertaling John Boje.

  2. Peet van Schalkwyk on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek10 November 2025

    Baie dankie Vds

  3. VDS Brink on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek8 November 2025

    Peet, dit is aangrypend mooi!

  4. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  5. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d