Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 October 201029 October 2010

Adonis, lieflingdigter van die Arabiese wêreld

Adonis
Adonis

Elke jaar figureer die Siriese digter, Adonis, prominent in die aanloop tot die aankondiging van die wenner vir die Nobelprys vir Letterkunde as ‘n waarskynlike kandidaat. So was dit ook vanjaar. Daarom dat die onderhoud wat enkele dae gelede in The New York Times verskyn het, my aandag getrek het.

Vanwaar hierdie populariteit? Die onderhoudvoerder stel dit soos volg: “He is an outspoken secularist, equally critical of the East and West, and a poetic revolutionary of sorts who has tried to liberate Arabic verse from its traditional forms and subject matter. Some of his poems are immensely long and immensely difficult and resemble Pound’s Cantos at their most impenetrable. Others reveal a Paul Muldoonish playfulness, a Jorie Graham-like expansiveness and fascination with blank space. His poems are as apt to cite Jim Morrison as the Sufi mystics, and his 2003 volume ‘Prophesy, O Blind One‘ includes some long, leggy lines about traveling that could have been written by Whitman, if only Whitman had spent more time in airports.”

Enkele uitsprake deur die 80-jarige Adonis (sy doopname is Ali Ahmad Said Esber) wat ek graag by wyse van die Nuuswekker aan jou voorhou, is die volgende: “Poetry cannot be made to fit either religion or ideology. It offers that knowledge which is explosive and surprising.” […] “Poetry cannot change society. Poetry can only change the notion of relationships between things. Culture cannot change without a change in institutions.” […] “Poetry that reaches all the people is essentially superficial. Real poetry requires effort because it requires the reader to become, like the poet, a creator. Reading is not reception.”

Fassinerend. Gaan lees gerus die volledige onderhoud op The New York Times se webtuiste. Daar is sommer ‘n hele klomp sake – soos byvoorbeeld vergelykende kommentaar tussen die Midde-Oosterse en Westerse digkunste – wat gewis die moeite werd is om van kennis te neem.

Maar ek sluit af met ‘n ánder treffende uitspraak deur Adonis: “Being a poet means that I have already written but that I have actually written nothing. Poetry is an act without a beginning or an end. It is really a promise of a beginning, a perpetual beginning.” (Uit: ‘Preface‘, 1992)

***

Nuwe bydraes om vanoggend te geniet is Bernard Odendaal se resensie van die geleentheidsbundel Versindaba 2010 wat deur die US Woordfees-komitee saamgestel is, en twee nuwe gedigte deur Gilbert Gibson. In die Buiteblik is daar ook ‘n nuwe aflewering deur Carina van der Walt.

Lekker lees en geniet veral die naweek wat op hande is. Ons hervat weer Maandag.

Mooi bly.

LE 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Adonis, lieflingdigter van die Arabiese wêreld”

  1. Louis says:
    29 October 2010 at 07:18

    Baie dankie vir hierdie vriendelike woorde, Trekboer. En ja, soms raak die petrol in die tenk maar min vir die volgehoue snuffelwerk, maar dan is dit reaksies soos die van jou wat windkrag aan vlerke gee …

    Reply
  2. trekboer says:
    29 October 2010 at 06:52

    As iemand wat nie ‘n digter is nie, wil graag dankie sê vir al die wonderlike insigte wat altyd deur Nuuswekkers geskep word. Dis prikkelend en stimulerend en maak steeds nuwe deure oop en lei terug na ou bekendes waarna ‘n mens dan met vars oë kyk. Almal wat vir Afrikaans en die digkuns omgee, moet van Versindaba kennis neem.
    Nogmaals dankie vir ‘n verrykende ervaring.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d