Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 January 201117 January 2011

Ester Naomi Perquin Rotterdam se nuwe stadsdigter

Ester Naomi Perquin. Foto:
Ester Naomi Perquin

Vir Ester Naomi Perquin, een van die gereelde medewerkers aan Wisselkaarten, het die nuwe jaar omtrent op ‘n hoogtepunt begin aangesien Radio Rijnmond dit die naweek bekend gemaak het dat sy pas as die nuwe stadsdigter vir Rotterdam aangewys is. Hierin volg sy Jana Beranová op.

Perquin, wat in 1980 in Utrecht gebore is, woon die afgelope paar jaar al in Rotterdam. Uit haar pen het daar twee bekroonde bundels verskyn, te wete Servetten halfstok (2007) en Namens de ander (2008). Vir eersgenoemde het sy in 2007 die debuutprys Het Liegend Konijn ontvang en in 2008 die Eline van Haarenprijs. In 2008 is haar tweede bundel Namens de ander met die Lucy B. en C.W. van der Hoogt-prijs bekroon.

In Nederland (en Vlaandere) is die posisie van stadsdigter natuurlik ‘n amptelike aanstelling wat aan die ampsdraer nie net ‘n bepaalde aansien verleen nie, maar ook ‘n vaste inkomste. As teenprestasie moet die digter gedigte skryf in opdrag van die “gemeentebestuur”. Eweneens moet daar op poëtiese wyse kommentaar gelewer word op bepaalde gebeurlikhede in die bepaalde stad.

En met Rotterdam as gasheer van die jaarlikse Poetry International-fees – wat allerweë beskou word as een van die héél belangrikste poësiefeeste ter wêreld – gaan sy omtrent haar werkskedule tot oorlopens toe vol moet laai.

Maar nou ja, ‘n mens kan nie anders as om uit te sien na haar bydraes oor hierdie aangeleentheid nie.

Veels geluk, Ester! Ons is saam met jou verheug …

As leestoegif volg ‘n gedig, “Scheppingsverhaal“, onder aan vanoggend se Nuuswekker. Graag fokus ek ook jou aandag op die onderhoud wat Andries Visagie in 2009 met Perquin gevoer het toe sy op besoek aan Suid-Afrika was.

***

Sedert gister het daar net een nuwe bydrae bygekom en dit is Andries Bezuidenhout wat skryf oor die gemeenskappe van Goedverwacht en Wittewater; meer spesifiek die onderskeie kerktorings.

En dan moet jy nie vergeet om vanaand om 22:00 te luister na “Vers & Klank” op RSG nie. Daniel Hugo lees dan sy vertalings van Rutger Kopland se gedigte voor.

Mooi bly.

LE

 

Scheppingsverhaal

 

Mooie geliefden waren we niet, tussen
stoffige dekens in een halfvreemd bed,
moe van de vlucht terug naar huis,
ondankbaar, vastbesloten
tot eten, drinken, elkaar.

Toch lagen we dicht
bij de ruimte waarin toen een
speldenknop, microscopisch land,
een nader uit te werken plan.

Leg je hand in mijn hand, je hart
in mijn hart, weet je slagen geteld.
Ken de oorzaak daarvan.

Je werd die nacht verondersteld
zoals dat heet, of liever toch bedacht.

Aan het einde van de slaap bleef
jij nog maanden duren.

 

(c) Ester Naomi Perquin (Uit: Servetten halfstok)

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Ester Naomi Perquin – Puntje puntje puntje
Janita Monna. Een vorm van verdwijnkunst →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d