Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 May 201119 May 2011

Melanie Grobler. Waterblommetjies

Waterblommetjies

 

Onder my gehekelde kombersie skuil ek in ‘n hoekie op die houtdek

besig om klein jong strandertjies wat ek vanoggend geoes het

 

af te dop vir ‘n middagslaai van roket en soet tamatietjie, olyfolie

en balsamiese asyn.  hoër op met die steil wal van die rivier groei

 

wilde vinkel en frambose.  kookboeke en veldgidse oor eetbare plante

wag jare reeds in stilte tussen geskrifte oor skulpe, seevoëls, fynbos

 

proteas en die sterre.  my eerste kennismaking met artisjokharte

knolseldery met rémoulade sous, Weisswurst en prosciutto, pissoins

 

glasies Veuve Clicqout Ponsardin by kafees in boomryke

boulevards, die gebombardeerde strate van Berlyn, flamenco dansers

 

in Buonos Aires, die wolf in haar Romeinse hok op Michealangelo

se heuwel.  die groot post-apartheid kulturele avontuur, intellektueel

 

sensueel, opwindend soos noedels wat Marco Polo van sy reis na Sjina

na Venesië gebring het.  ek klap verbeeldingryke melksnysels

 

tussen gemeelde vingerpunte, skuur die kastrol blink en loop

in die wind wat sy hand uitsteek om die pad na die ewigheid te beduie

 

hoe kan mens sonder wrok leef in ‘n wêreld deurtrek met onreg en geweld

of leef sonder geluk in ‘n landskap oorlaai met fisantgeluide teen sononder.

 

 

© Melanie Grobler. Mei 2011

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digstring indeks
Melanie Grobler. Die roetine van aandag →

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d