Hannalie Taute. Raai raai riepa…

Vanaand is weer raai-wat-is-in-die-sop aand.  Gisteraand was dit ertjie sop, en die aand voor dit botterskorsie sop, maar  vanaand…..ja wel.  Dit is waarom ek van winter hou.  Ek hoef nie ure voor die kospotte te staan nie.  Gooi alles en nog wat in die “slow-cooker”.  Laat hom oornag sy ding doen, en “voila”!  Gelukkig is sop voedsaam en so hoef ek nie te staan en kook terwyl twee kleine seuntjies aan my rokspante trek terwyl ek voor die stoof staan nie.

Lange mamma, lange pappa,

Al hul kindertjies kort en dwars!

Raai, raai wat is dit?

Van kindsbeen af is ek gefassineer met raaisels.

So groen soos gras,

So wit soos was,

So rooi soos bloed,

So suiker-soet!

Raai, raai wat is dit.

Speletjies soos “Scrabble”, “Pictionary” en “Balderdash” verskaf ure se plesier.

Blokraaisels en prent-raaisels word ook terdeë geniet.

Ek wonder watter digters raaisels in hul gedigte gebruik?  Vermoedelik was dit die Kelte en die Druids.  Vandag het ek die boek: “The White Goddess” van Robert Graves, by ʼn vriend geleen.    In hoofstuk 5 getiteld:  Gwion’s Riddle, vertel die skrywer van “The Tale of Taliesin”. ʼn Raaiselagtige gedig, waarin  antieke religieuse misterie deur lafheid versteek/verdoesel is.  Dit was blykbaar aspris deurmekaar geskryf  sodat dit nie vanuit die Kerk se oogpunt as “blasphemous” of “heretical” gesien kon word nie, maar wat wel deur ander welbelese digters verstaan kon word.

Hier volg gedeeltes van die raaisel Hanes Taliesin – Lady Charlotte Guest se vertaling.  In dit gee kleine Gwion antwoorde op Koning Maelgwyn se vrae oor wie hy is en waarvandaan hy kom:

…”I am a wonder whose origin is not known

I have been in Asia with Noah in the Ark,

I have witnessed the destruction of Sodom and Gomorrah;

I have been in India when Roma was built’

I am now come here to the remnant of Troia.

I have been with my Lord in the manger of the ass;….”

En

“I shall be until the day of doom on the face of the earth;

And it is not known whether my body is flesh or fish.

Then I was for nine months

In the womb of the hag Caridwen;

I was originally little Gwion,

And at length I am Taliesin”.

Volgens ʼn bron op die internet kom raaisels veral voor in Ou Engelse digkuns.  Klaarblyklik is die “Exeter” boek een van die mees belangrikste boeke wat ou engelse manuskripte bevat.

Hier is voorbeeld ( Raaisel 47) uit bogenoemde boek:

Original

Formal equivalence

Translation

Moððe word fræt. Me þæt þuhtewrætlicu wyrd, þa ic þæt wundor gefrægn,þæt se wyrm forswealg wera gied sumes,þeof in þystro, þrymfæstne cwideond þæs strangan staþol. Stælgiest ne wæswihte þy gleawra, þe he þam wordum swealg. A moth ate words. To me that seemed a fantastical event, when I found that wonder out,that a worm swallowed certain of men’s word,a thief in darkness, a glorious statementand strong its foundation. The thieving stranger was nota whit more wise that he swallowed those words. A moth ate words. I thought that was a marvelous fate,that the worm, a thief in the dark, should eat a man’s words – a brilliant statementand its foundation is strong. Not a whit the wiserwas he for having fattened himself on those words.

Soms voel ek soos bogenoemde mot.

Tans worstel ek met ʼn raaisel van ʼn ander soort.

Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees laat sommige gril.  Sommige noem dit selfs die “sewe dae by die Siebersteyns”. Vir my het die fees tog ʼn raaiselagtige bekoorlikheid.  Hierdie jaar het ek daar uitgestal.

Tydens my uitstalling getiteld “Skeidingsangs” het ek feesgangers gevra om iets spesiaals teen “die steunpilaar” vas te heg.  (Vele interessanthede is vasgeheg waaroor ek op ʼn ander geleentheid  sal uitbrei.)

Die kunstenaar Stephan Erasmus het ʼn Ziploc-sakkie met 611 opgevoude stukkies papier binne-in vasgebind.  Die opgevoude stukkies papier is blykbaar gedeeltes van ʼn gedig wat oor en oor herhaal is.

Nuuskierigheid het die oorhand gekry. Ek het geloer…..

” Not a whit the wiser was (s)he for having fattened (her)self on those words”…

Is daar iemand in die kuber-ruim wat lig op die onderwerp kan werp asseblief?

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •