(aan my daaglikse dosis amlodipienmaleaat)
hierdie hart ʼn vlermuis
wat aan ribbebene hang
sleutelbene vlerke
wat vlak onder die vel span
snags wriemel die gedierte, koponderstebo
slaan aan my borswand
krap aan my maag
hamer die bloedlus
wat so aanhou knaag
© Andries Bezuidenhout. Junie 2011

Gaan jou nou voorgee jy kry daai vietse lyfie van dieseltrok ry?!
Moi?
Maar jy boer dan in die gym!!
Desmond, drink meer koffie, eet meer sout en hou op oefen. Vinnig, vinnig is die voorskrif teen jou grot se deur.
Ek hou van die vlermuis-beeld, Andries. Ek moet dalk vir my ook sulke pille kry.