Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 July 20111 July 2011

Lewies Botha. Vier gedigte

Stop voor die Kroonvaal tolplaza

 

Langs die pad is sement paddastoele

hoender reste en foelie frommelbolle

halfgeëete  eiertoebroodjies

en definitief menskak, volgens die stank

wat daar hang by die rusplek langs die pad.

 

Goudvisse swem lukraak roetes

deur (w)algbruin water en tortelduiwe

 was in die baksteen waterornament-fontein.

Swerm swaels plak hul modder-igloes onder oorweë-brûe

en fladder soos muise rakelings voor motorruite vooruit.

 

Buite beweeg die landskap relatief soos Einstein se teorie;

binne die motor verloop tyd effens stadiger.

 

By die petrolstasie sit ʼn man met drie brakke aan leibande

bagasie en ʼn bordjie van karton; YESHUA

by hierdie plek wat nie ʼn plek is nie gestrand.

Rustende motors en piekniek-insittendes

soos by ʼn inryfliek is gefokus op die toneel;

ek breek brood, my padkos met die man

en spreek my seën uit oor die brakke

en die man;

kniel op sy knieë,

sy vuil vingernaelhande bewe palms na die hemel

bid die Joodse man luid in Hebreeus en roep driemaal:

HALLELUJA  HALLELUJA HALLELUJA

Ek is half onkant gevang

en maak die teken van die kruis (soos my vrou sou)

en sê AMEN uit verweer.

 

YESHUA vasgespyker met sy doringkroon

swaai aan die blou plastiek-rosekrans

wat hang aan die truspieël.

 

Buite beweeg die landskap relatief soos Einstein se teorie;

binne die motor verloop tyd effens stadiger.

 

© Lewies Botha   Julie 2011

 

 

Op soek na Ben Dekker

 

“Jy sien hom soms hier stap” is aan ons vertel.

 

Ons het gaan soek na Ben Dekker die legendariese; “Ghaitshi Ghubi”

 

Ek en Dewaal

het ʼn kas quarts gedeel op First Beach.

Tien tingerige seuns in rooi swembroekies

het lewensredders gespeel.

Vet vroue in vleeskleurige onderklere

het in die vlak branders vasgesit.

Skuim vulkane het uit bierbottels gekook.

 

Vrouens wou aan ons stringe krale verkoop.

Jong seuns wou ons visstokke beaas.

Ouer seuns wou ons doobie laat rook.

Mans het krewe in plastiek sakke aangebied.

Meisietjies in skamelrokkies was ook daar.

 

Johannes die doper het sy volgelinge die see in gelei.

ʼn Man met ʼn taxi vol kwaito het ons biere geruil vir koues.

Twee meisies met blonde dreadlocks  het vir ons gewink.

ʼn Man met ʼn 4×4 het vanuit sy voertuig rondgekyk,

ʼn gesin gesigte verskrik agter die motorruite vasgevang.

 

Beeste het oor die groen sandduine gewei.

Die maan het geblom in die blou lug

en die nagrok onder haar opgetrek.

Die  meisies en hul surfer vriende het vuur

gemaak op die sand en drommetjies

getrom.

 

Ek het vir Dewaal gesê dit voel of ek op ʼn lughawe wag.

“Waarheen is jy op pad?” het hy gevra. Ek het geantwoord

die bestemming is nie die punt nie, ook nie jou vraag nie.

“Wat is?” het hy gevra. As jy lank genoeg sit sal

 die hele mensdom in ʼn parade voor jou verbygaan.

“Brad Pitt het dit in ʼn moewie gesê,” het Dewaal geantwoord

en daar by die vuur gaan dans; die meisies het gewink.

Ons kon nie vir Ben Dekker daardie dag kry nie, nie in sy grot nie,

nie op die vlaktes duskant Hebron nie,

maar ek was gediend daarmee dat hy  eendag waar ek

op ʼn lughawe wag, sal verbystap en my herken;

die reïnkarnasie van Ghaitshi Ghubi.

 

 

© Lewies Botha   Julie 2011

 

 
Tropiese nagte in Port St. Johns

 

Die vol maan bekruip al die takhare

die rivier stroom andersom

kolk al die bote om.

 

Tropiese plante slinger oor die paaie

gryp al die wandelaars om hul enkels

en sleep hulle die diep see in.

 

Baniaanbome skud hul blare

verdoesel alle dade onder ʼn swartgroen matras

en wortels dring deur skeure en krummel

 

betonmure en miere

dra kriesels van oorblyfsels in lang

lewende strome na neste ondergronds.

 

Skuim lappe vee die vele voetspore

van die strande se vloere skoon.

 

Jy hoor nou die ape in die woude uitroep

en die wilde varke terugkeer en naby snoep

tot die voëls begin kwetter

 

en boomslange in die bome begin bewe

opgewende vere wat loskrul

en teen ruggrate afgril.

 

Die nag se lakens

is klewerig skaamteloos naak

bossies is sanderig kroes.

 

Die volmaan bekruip die swemmers

en silhoeët hul kaal lywe

wat in die branders baai.

 

 

© Lewies Botha   Mei 2011

 

 

                           

Die Tatoe kunstenaar

 

Drake klou teen arms

vlinders flirt oor lieste

en adders uit boesems

rol areola, druiwe korrels

in oopsper bekke

se verhemeltes rond.

Jesus hang kopskeef

verveeld tussen sy skouerblaaie

in hierdie buurt loop sy volgelinge

almal gemerk met sy handewerk.

 

 

© Lewies Botha   Julie 2011

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Lewies Botha. Wie lees (nog) gedigte?

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d