Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 September 2011

Desmond Painter. Droedeldig: Die Keiser is Kaal – Emperors Palace, September 2011

1.

Sy parkeer die huurmotor laatmiddag voor die hotel.

Sy boek in, haal haar ringe af, vanuit haar kamer bel

sy hom. Om 20h00 ontmoet hulle in die Ocean Basket,

streng volgens die reëls wat sy self gemaak het.

 

2.

Sy vind dit altyd ongemaklik om voor die tyd te pis

terwyl hy op die bed lê en wag. Sy sorg dat dit porselein is

wat sy tref, nie water nie. Wanneer sy geluidloos uitloop

lê hy en glimlag, asof van sy eie naaktheid onbewus.

 

3.

Haar hotelkamer: dit is waar hulle eindig, vanself-

sprekend. Die TV bly aan, hulle doen dit op haar helf-

te van die bed. Dit duur nie lank nie. Hy trek

aan, is terug in sy kamer skuins na elf. 

 

4.

Laatnag gaan try hy weer sy luck in die lobby bar.

Hy bestel ʼn whisky, sit ʼn rukkie, sien niemand daar

nie. Hy loop buitentoe, gaan rook op die parkeerterrein.

ʼn Week soos ʼn country song, vyf dae en ʼn refrein.  

 

5.

Hy moet vlieg, hulle sal mekaar nie sommer

weer sien nie. Hy wis hulle sms’e, haar nommer

van sy foon. Te lank reeds het hy hier gesloer.

Hy los die handdoeke ongeërgd op die vloer.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Desmond Painter. Droedelaire!
Kopskuif. Die stand van openbare diskoers (Desmond Painter) →

9e gedagtes oor “Desmond Painter. Droedeldig: Die Keiser is Kaal – Emperors Palace, September 2011”

  1. Desmond Painter says:
    5 October 2011 at 16:38

    Daniel: reggekom, dankie! En Danie: ook dankie; maar jy gaan lank wag as jy wag vir enigiets beter as ‘n blog!

    Reply
  2. Danie Marais says:
    4 October 2011 at 14:21

    Ek stem saam met jou, Daniel. Dis poësie met ‘n country twang dié. Ek dink Desmond Droedelaire moet begin sif en uitsoek vir ‘n manuskrip.

    Reply
  3. Daniel Hugo says:
    3 October 2011 at 21:34

    Gekry, Desmond?

    Reply
  4. Daniel Hugo says:
    1 October 2011 at 08:18

    Happy hunting!

    Reply
  5. Desmond Painter says:
    1 October 2011 at 08:16

    Ek besit om een of ander rede geen van Belcher se bundels nie. Sal Maandag bietjie na ‘n sekere Stellenbosse boekwinkel toe drentel en gaan kyk of dit op die rak is…

    Reply
  6. Daniel Hugo says:
    1 October 2011 at 08:10

    Nou moet jy nog ook R.K. Belcher se volkskwatryne nadertrek.

    Reply
  7. Desmond Painter says:
    1 October 2011 at 08:03

    Daniel, baie dankie — vir die vriendelike kommentaar en vir die verjaardagwense. Dis deels agv jou amper daaglikse kwatryne op Facebook dat ek die wêreld op die oomblik knaend in vier reëls sien. Ek het ook Johann de Lange se nuwe bundel kwatryne aangeskaf en tot my groot genot Aucamp se lieflike Die Blou Uur op my boekrak herontdek. Dis kwatryntyd in die Boland.

    Reply
  8. Daniel Hugo says:
    30 September 2011 at 15:16

    En baie geluk met jou verjaardag!

    Reply
  9. Daniel Hugo says:
    30 September 2011 at 09:17

    Dit is veel meer as droedels dié, Desmond. Dit is poësie.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d