Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 October 20117 October 2011

Desmond Painter. Op pad na São Paulo

Op 14 Februarie 2011 het ek met groot stelligheid hier aangekondig dat ek op pad São Paulo toe is. Daardie uitstappie moes tot my groot teleurstelling uitgestel word, maar nou is dit weer sulke tyd. As alles volgens plan verloop, vertrek ek oor twee weke. Ongelukkig net vir 8 dae, maar ek sal darem seker iets van die pols van die Suide se grootste stad kan voel! 

Sao Paulo

Ek sal tydens my besoek ‘n gas wees van die Fakulteit Sielkunde aan die Universiteit van São Paulo, en benewens gesprekke oor die skep van moontlike navorsingsnetwerke en uitruilprogramme, sal ek ook ‘n paar lesings aanbied oor die historiese verstrengeling van sielkunde, mag en politiek in Suid-Afrika, oor ras en rassisme (die Brasiliaanse nasionale storie verskil, wat die idee van ras betref, op interessante maniere van ons eie), en oor alternatiewe, “Suidelike” benaderings tot die sielkunde hier by ons. Wat die eerste onderwerp betref, het ek hierdie wonderlike aanhaling uit Breyten Breytenbach se The True Confessions of an Albino Terrorist (1984) om die gesprek ordentlik in te lei (ek moet die bloginskrywing darem probeer terugdwing tot digters en die digkuns…):

“He had me go through the gamut of outdated tests, the Rorschach blots and blobs, squiggles and various I.Q. examinations. Naturally I was never informed about any of his deductions. I was the guinea pig. These perverted practitioners of the spurious science of psychology do not have as their first priority to help the prisoner who may be in need of it. They are the lackeys of the system. Their task very clearly is to be the psychological component of the general strategy of unbalancing and disorienting the political prisoner.” (bl. 90)

Sao Paulo

Etlike van die kollegas wat ek daar besoek is betrokke by verskillende gemeenskapsprojekte en ander maatskaplike en politieke inisiatiewe. Ek hoop om iets hiervan te sien. En ek hoop natuurlik om tyd te kry om op my eie rond te loop, kunsgalerye te besoek en goed te eet. En musiek! Benewens allerlei nuwe klanke wat strek van salsa tot rock is die São Paulo Simfonieorkes ook nie te versmaai nie; miskien speel hulle een aand iets wat die moeite werd is om na te gaan luister. Dalk Villa-Lobos.

Enige ander Brasiliaanse voorstelle of aanbevelings vir my?

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Amanda Lourens. 16 September: Die mooiste van die hier
Pieter Odendaal. Meer as wat enigiemand kan verbeel →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d