Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 November 201123 November 2011

Kopskuif. Die stand van openbare diskoers (Johann Rossouw)

Kopskuif is ʼn inisiatief waarvolgens ons van tyd tot tyd op bepaalde kwessies wil fokus deur ʼn stel vrae aan spesifieke kommentators te stuur vir hul insette. As eerste “kopskuif” het ons gedink om op die belangrike kwessie van openbare diskoers te fokus aangesien die opmerking heel dikwels gemaak word dat die vlak van openbare gesprekvoering veel te wense laat … Té gereeld word die man eerder as die bal gespeel wanneer meningsverskille ontstaan en ontaard die gesprek eerder in ʼn verdagmakery as wat daar konstruktief oor ʼn bepaalde aangeleentheid besin word.

As derde bydrae plaas ons Johann Rossouw (foto) se reaksie.

***

Kommer word dikwels uitgespreek oor die lae vlak van openbare diskoers in Suid-Afrika. Wat is jou mening hieromtrent?

Dat die diskoers op ´n lae vlak is, is myns insiens waar en onwaar. Waar vir die volgende redes:

1. In ´n mate ly die land nog aan ´n post-imperiale babelaas: sowel die NP as die ANC het ontstaan in reaksie op die Britse imperialisme, lank reeds saliger, terwyl die ANC verdere stukrag in sy reaksie op die NP-bewind gekry het. Die idees wat in sowel Afrikaner- as Afro-nasionalistiese kringe ontwikkel is, was aanvanklik baie skeppend, maar dit het telkens na die magsverowering van eers die NP en toe die ANC kort voor lank steriel geraak. Waarom? Omdat die idees nie meer gefunksioneer het om die status quo uit te daag nie, maar dit in stand te hou. Die dominante idees in die SA openbare ruimte vandag – transformasie, swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie, die nasionale demokratiese rewolusie, kaderontplooiing, ens. – word die een na die ander vandag gebruik om partybelange te verskans eerder as om groter maatskaplike geregtigheid en vryheid te bewerkstellig.

2. Die neiging om standpunte in die openbaar te verpersonaliseer, byvoorbeeld “Malema” wat instaan vir ´n sekere agenda, “Zille” vir ´n ander, ens. veroorsaak ´n gebrek aan saaklikheid in die gesprek. As die saak nie van die persoon geskei word nie, is die neiging om die man eerder as die bal te speel dikwels aan die orde van die dag. So word standpunte dikwels met geweldige aggressie gestel, wat die ruimte vir ´n robuuste gesprek inperk.

3. Die neiging om kritiek op ´n standpunt of ´n ander se werk of idees as “reaksionêr”, “regs”, “links” of “onnodig venynig” af te maak. In plaas daarvan dat die kritiek dan by wyse van teenargumente hanteer word, word dit met kleinlike persoonlike aanvalle en verdagmakery hanteer – wat beteken dit word glad nie hanteer nie.

Onwaar vir die volgende redes:

1. Debatte in SA word met groot intensiteit en eerlikheid gevoer. Die pas waarteen ons ´n wye verskeidenheid diepsnydende onderwerpe gereeld aan die orde stel, is merkwaardig.

2. Daar is oor die algemeen diep sentimente by Suid-Afrikaners oor die land en hulle plek daarin. Ons is ´n omstrede samelewing waarin stabiliteit nooit ´n gegewe is nie. Daarom die felheid en rouheid van ons gesprek; daarom dat ons voortdurend op ons voete dink. Ons moet dink, want ons het nie die luukse om dit aan iemand anders toe te vertrou nie.

Watter faktore, volgens jou, gee daartoe aanleiding dat ‘n bepaalde meningsverskil dikwels in ‘n persoonlike twisgesprek ontaard eerder as konstruktiewe debat?

Dit wat ek onder my eerste punt 2 en 3 hierbo aangeroer het.

Watter riglyne beskou jy as noodsaaklike uitgangspunte ten gunste van konstruktiewe gesprekvoering?

1. Die aanvaarding dat konsensus in ´n diep verdeelde en plurale samelewing soos ons s’n selde voorkom, en dat ons dus eerder tevrede moet wees met die voortgaande uitdaging van mekaar se sekerhede, gegewe die feit dat ons almal sulke uiteenlopende vertrekpunte en verwagtinge het.

2. Saaklikheid.

3. Eerlikheid.

4. Ontvanklikheid.

Kan jy dalk voorbeelde noem (hetsy plaaslik óf internasionaal) van konstruktiewe meningsverskille? Noem gerus ook waarom juis dié betrokke debat vir jou tot voorbeeld dien.

In die filosofie die debat tussen die sogenaamde liberale en kommunitêre skole in die 1980’s; asook die huidige debat tussen sekularisme en sy teenstanders. In albei hierdie debatte het groter konseptuele duidelikheid oor die verskillende aspekte na vore getree, asook ´n beter begrip van die huidige konteks. Politieke en maatskaplike debatte kan ten beste groter insig in die werklikheid bring, en ek dink dit het in daardie twee debatte gebeur. In SA sou ek sê die Boetman-debat oor diensplig en die Grensoorlog was katarsies en insiggewend vir die meeste betrokke partye.

  • – Johann Rossouw

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Kopskuif. Die stand van openbare diskoers (Charl-Pierre Naudé)
Kopskuif. Die stand van openbare diskoers (Joan Hambidge) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”
  • Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d