Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 March 2013

Philip de Vos: Freda Linde

Freda Linde is gister oorlede. Hierdie is ‘n artikel wat al voorheen op Versindaba verskyn het:

In 1969 – twee jaar nadat ek hier in Kaapstad as ‘n groentjie van Bloemfontein aangekom het, ontmoet ek vir Freda Linde by Johan van Rooyen toe hy en Di nog in hulle dubbelverdieping-huis oorkant die De Waalpark met hulle kinders Emma, Katie en Quacky gewoon het.

Sy was die heel eerste skrywer wat ek in lewende lywe ontmoet het en al wat ek nou nog van haar kan onthou, is ‘n stil, effe afgetrokke mens wat in haar houding gesê het: moenie te naby kom nie en moenie te veel vrae vra nie.

Hoe oud was Freda toe? Maar selfs Johan kon nie vir my sê nie.

Enkele jare na my eerste kennismaking met haar, toe ek al ‘n bietjie meer voor-op-die-wa was, vra ek of ek foto’s van haar kon neem. Haar enigste antwoord was ‘n kortaf: “Nee, dis glad nie nodig nie. Almal weet hoe ek lyk!”

‘n Paar maande daarna is daar toe weer een van haar boeke gepubliseer, en op die agterblad was ‘n foto van Freda toe sy seker vroeg 40 was – en intussen het seker reeds 20 jaar verloop, maar selfs die uitgewers durf seker nie nee sê nie, want wie sou haar in elk geval haar ouderdom vra en sê dat sy nie meer so lyk nie?

Met die loop van jare was ek veel meer voorbarig, en nie meer skaam om celebrities te nader om foto’s van hulle te neem nie. Eers was dit slegs vir ‘n foto-uitstalling maar later kon ek vir hulle sê dit was vir vir my fotoboek Milieu.

Weereens het ek vir haar gebel. “Nee,” sê sy. En na ‘n bietjie gesoebat sê sy: “Ja, maar onthou jy mag net twee foto’s van my neem!”

‘n Dag of drie daarna was ek toe met my kamera as enigste wapen by die voordeur van haar huisie in Kloofnekweg, Kaapstad. Na ‘n koppie tee, was dit tyd vir die twee foto’s.

Net toe ek my kamera wou wegpak en tot siens sê, sê sy: “Jy kan ‘n derde foto ook neem, want ek hou van hierdie potplant van my wat byna tot by die plafon rank.”

Toe ek die negatiewe tuis ontwikkel, het ek besef dat hierdie nie juis my mees inspirerende foto’s was nie en ek bel haar terug: “Mejuffou Linde, ek moet groot verskoning maak, al drie foto’s is om een of ander rede uit fokus en heeltemal onbruikbaar. (Partykeer help dit om ‘n bietjie te lieg.) En in dieselfde asem vra ek hoekom ons nie foto’s in die Kompanjietuin kan gaan neem nie. Want toe ek by Cape Town High onderwyser was, het ek haar dikwels met haar stooihoed met die flaprand die laning sien afstap.

En haar antwoord: “Nee!”

Maar – die volgende dag uit die bloute kry ek ‘n telefoonoproep. “Ek het daaroor nagedink, en miskien kan ons twee foto’s in die Tuine gaan afneem.”

Ek kon dit nie glo nie. Op ‘n wonderlike sonnige Kaapse oggend het ek foto’s van Freda geneem waar sy met haar strooihoed die laan afstap en later vir my teen die yslike boomstamme poseer. “Weet jy,” sê sy. “Ek het ‘n boek geskryf wat by hierdie einste boom afspeel.”

En ons twee foto’s het later ‘n stuk of 20 geword, en deur die oog van my lens het ek skielik ‘n mens gewaar…

En toe – ‘n jaar of drie gelede sien ek haar weer. Hierdie keer was dit op die top van Seinheuwel. Dit was ‘n winderige agtermiddag.

Freda, klein en inmekaargekrimp het langs haar vriendin Eleanor Esmond-White se rolstoel gestaan terwyl Johan van Rooyen se dogters Emma, Katie en hulle broer Quacky by die hange van Seinheuwel afstap om hulle pa se asse te gaan uitstrooi.

En toe onthou ek dit was in Johan se huis waar ek haar die eerste keer gesien en te skaam was om met haar te praat.

Iemand het die ander dag vir my gesê Freda is nou êrens in ‘n ouetehuis in Kaapstad. Miskien moet ek haar gaan besoek. En as ek sou gaan, sal sy nou selfs weet wie ek is?

Of is dit dalk beter dat ek slegs daardie middag in die Kompanjietuin moet onthou met Freda langs die yslike boomstam?

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Philip de Vos: Freda Linde”

  1. nataschahei says:
    8 March 2013 at 12:52

    RT @versindaba: Philip de Vos: Freda Linde: Freda Linde is gister oorlede. Hierdie is ‘n artikel wat al voorheen op Versindaba ve… htt …

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Stephan du Toit. Moed
  • Anne-Marie Bartie. glasman

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. Inflasie
  • Daniel Hugo. Die domein van die rym
  • Johann Lodewyk Marais. Swartoogtiptol
  • Hennie Maartens. blommeprag
  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn17 August 2026

    Marlies Taljard: Johann se Lange het destyds in "Kaapse Paragrawe" soms oor Sheila Cussons geskryf. Sien byvoorbeeld dié onderhoud wat…

  2. Andries Fourie on Andries Fourie. Soos die val van ‘n veer16 August 2026

    Baie dankie Anne-Marie!

  3. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  4. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  5. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d