Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 April 2013

Andries Bezuidenhout. Die oorsprong van taal

Die skets hier bo is deur John Walter Gregory – Berg Kenia, n.a.v. ʼn besoek aan Oos-Afrika in 1892 en die jaar daarna. Argeologiese gegewens dui daarop dat die eerste vorme van menslike lewe in die skeurvallei ontstaan het. Ek torring aan ou gedigte en krap op die web rond vir beelde. Daar is afbeeldings van die slawemonument in Zanzibar, asook ʼn klipkapelletjie naby Naivasha wat deur Italiaanse krygsgevangenes gebou is. Ek het beide ʼn paar jaar gelede besoek. Verder vind ek ʼn afbeelding deur ʼn naamlose skilder van vroeë vorme van menslike lewe in die streek:

Daar is ook ou kaarte van die Skeurvallei, een uit die argiewe van die VSA se Library of Congress:

Verder vind ek ʼn kaart uit ʼn ou boek, toe Brits Oos-Afrika en Duits Oos-Afrika nog bestaan het. “Malindi” is nog as “Melindi” gespel:

Gister sit Desmond Painter die volgende aanhaling van Maurice Merleau-Ponty op Facebook: “The initial form of language, therefore, would have been a kind of song. Men would have sung their feelings before communicating their thought. Just as writing was at first painting, language at first would have been song…” In kommentaar daarop skryf Desmond: “Ek dink juis gedigmaak is ʼn poging om iets van die visuele en sangerige aspek van taal terug te wen.”

Die gedig hier onder se titel is voorlopig “Soos die wind waai”. Dis ʼn paar jaar gelede geskryf na my eie besoek aan Berg Kenia en die Skeurvallei, maar ek is besig om dit te hersien.

Hier word skeurvalleiletsels deur mere gelaaf
en hier, waar tweelingbergkoppe wolke uitdaag,
is die eerste mens deur die aardsbekken gestoot.
Kom die gode dáárom hier bymekaar?
Eers daal Ngai van Berg Kenia neer
en dan word Enkai se kneukels op die Ngongheuwels verewig.
Later Allah se kinders, kaskazi dra dhows deur ʼn ewige baai,
verby Lamu, om speserye en lywe op te laai.
Eeue later Jahweh met ʼn Kaapse ompad,
kazi in karveelseil, om by Fort Jesus, Mombasa,
die buit te verdeel.
Hiér versamel die gode, in berge, moskeë en katedrale
maar sal mekaar nooit ontmoet nie.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Kopskuif. Die stand van openbare diskoers (Desmond Painter)
Onderhoud met Bester Meyer (Uit die herberg van Alhambra) →

2e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Die oorsprong van taal”

  1. Andries Bezuidenhout says:
    9 April 2013 at 19:48

    Dankie Evette!

    Reply
  2. Evette Weyers says:
    8 April 2013 at 09:49

    Andries, jy smokkel heerlik met my kop met jou vertelling en gedig in wording! Te lekker. Met die aanhaling oor taal en Desmond se kommentaar as nog ‘n afdraai paadjie in ander verbeeldings wërelde in.
    Dit is hoekom Versindaba so ‘n fees is! Jy weet nooit op water omswerwinge die oopmaak van hierdie elektroniese fata morgana jou gaan neem.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d