Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 August 20135 August 2013

Joan Hambidge. Hotelkamer Istanbul

 

Hotelkamer Istanbul

 

Kyk mooi,

sou ek sê,

‘n foto maak ‘n punt

in die groter komposisie of studium,

aldus Roland Barthes in Camera lucida:

die reistas toegesluit met ‘n reisbiljet,

en effens meer na links ‘n wasgoedsak

langs ‘n geel hemp en swart een

oor die stoelleuning uitgehang

voor die televisie se dooie oog.

Fresko’s uit die Bizantynse tyd

op die tafel: helaas onbespiedbaar.

‘n Gapende leerhandsak

(moeg soos die afwesige fotograaf)

regoor die rugsak

rustend op die bed

langs ‘n bottel parfuum,

reukweerder, selfoon en laaier.

Maar dis die pen

nou opgetel

om iets neer te stip

van daardie helder kamer.

Die lig van die Chora-Kerk

van Konstantinopel

aan die insypel

inkyk, inspeel

en vredig oor alles gespoel:

inkblou soos ‘n getyelose see.

 

 

© Joan Hambidge / 2013

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Sy wag my in
Joan Hambidge. You never finish a poem, you just abandon it →

2e gedagtes oor “Joan Hambidge. Hotelkamer Istanbul”

  1. Joan Hambidge says:
    6 August 2013 at 00:23

    In my Meditasies – dit verskyn in November – is daar drie verse vir jou, Heilna. Inderdaad ‘n buiteblik – met waardering.

    Oor Istanbul wat ek in September weer besoek!

    Reply
  2. Heilna says:
    5 August 2013 at 22:23

    ‘n Mooi interieur, ‘n vreedsame maar suggestiewe afwesigheid in terme van die aanwesighede. Vgl. ” Ou geboue” onder die titel “Drie gedigte” in Litera by http://literator.org.ac.za vir ‘n buiteblik.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d