Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 August 201319 August 2013

Joan Hambidge. You never finish a poem, you just abandon it

You never finish a poem, you just abandon it

Paul Valéry

 

Gestel ek sou jou,

my voormalige geliefde,

aan die skryfproses gelykstel,

mag dit dalk só lyk:

 

aanvanklik is jy ʼn vrye vers

met soel en soepel beelde,

 

vol somer en sonreise

na vreemde, eksotiese bestemmings.

 

Dan word ons ingeperk in die strak

patrone van ʼn distigon se koppige koeplette;

 

vérder in die tyd begin die reëls

van ʼn sonnet sig meedoënloos geld:

jy in jou oktaaf en ek

in my sekstet

 

met die wending

van ʼn vertrek.

En nou?

 

Nie veel het oorgebly:

ek plaas jou in

ʼn haikoe:

 

“die winterreën

spoel trane van jou vertrek

op my vensterruit”.

 

Jy, nou my kritikus,

sal waarskynlik

nie eens dié vers

lees nie.

 

Daar sal geen resensie

hiervan verskyn,

geen uitwys

van temas of tegnieke.

 

Nee, net jou stilte

skerper as afwysende kritiek.

 

© Joan Hambidge  / 2013

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Hotelkamer Istanbul
Joan Hambidge. Naam →

1e kommentaar op “Joan Hambidge. You never finish a poem, you just abandon it”

  1. Heilna says:
    29 August 2013 at 10:58

    Baie mooi, weemoedig – maar die emosie word deur die poëtiese terselfdertyd oorskry en beklemtoon.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d