Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 August 201330 August 2013

Heilna du Plooy. Grond en lug

Grond en lug

 

Al die rusie en twis − van tyd tot tyd

onvermydelik en onafwendbaar oorlog −

oor grond, is inherent aan die bloedlyn

van die mens se verhale van hartstog.

 

Die Iraeliete het, met sanksie, Kanaän se stede

met trompetgeskal en luide skreeue platgeraas.

Alexander die Grote was ’n rasegte ou kolonialis,

wie se hele kort lewe aan grondgryp gewy was.

 

Die Romeinse kolonies was oral versprei,

en voortdurende oorloë het daartoe gelei

dat hulle byna vergeet het van ’n nageslag.

Toe steel hulle die arme Sabyne se vroue.

 

Sterk lande buit steeds groot stukke aarde.

Grondgebied is beloning en straf: by Trianon

het hulle Hongarye ’n hele driekwart kleiner geknip.

En in Afrika is dit die enigste beloning van waarde.

 

Nou − al die geswymel, al die gekweel

oor die liefde vir grond: dis my hart,

dis my plek, my herkoms, (my geld!);

daaroor het ek nou ’n vragie te vra.

 

Hoe kan jy van alles vir grond die heel liefste wees,

as dit net jou voete is wat met die grond kan vry?

Dit is dan ook net so ’n platoniese platterige affêre,

wat van aanraking op soolvlak moet probeer gedy.

 

Dis die lug wat jou eintlik en heeltyd omhels,

wat elke plooitjie en voutjie van jou vel aanraak

en ken, wat deur jou hare jou kopvel betas,

wat jy inasem, waarna jy daglank en naglank snak.

 

Kyk maar die bome. Die wortels hou hulle regop

om met die lug te flankeer. Die wind ken elke oksel en soen

elke mik, die dwarrels kafoefel met blare wat giggel en tril.

Voor sterk wind buig die boom en gee ekstaties gans mee.

 

Die lug dra klank na my ore en lig na my oë,

hou my warm én koel my af. Soos ’n blom

hou ek my gesig oop dat die lug my kan lek.

 

My hele oppervlak neig weg van die aarde,

en op in die lug. Saam met hierdie klont

grond, hang ek en die sterre in een enkele eter.

 

Waar woon ek dan en wat is my plek?

Twee stukkies voetsoolgroot grond?

Of die uitgestrekte omhelsende insluitende

en liefkosende streke van wind en van lug?

 

© Heilna du Plooy / 2013

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Heilna du Plooy. Die jag
Heilna du Plooy. In die streke van die wind →

1e kommentaar op “Heilna du Plooy. Grond en lug”

  1. Melanie Grobler says:
    2 September 2013 at 14:40

    pragtige sinvolle gedig. Baie dankie.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d