Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 November 201318 November 2013

Heilna du Plooy. In die streke van die wind

In die streke van die wind

 

Ons sewentig of tagtig is bloot ’n fragment,

’n partikeltjie tyd en ’n spikkeltjie plek

in ’n omvang wat ons nooit kan ken nie.

 

Oor die uiteindelike hiërargieë, die grootse

patroon, bestaan daar slegs vermoedens;

die oorkoepelende ordening is onbegryplik.

 

Nogtans, nogtans, nogtans:

 

As ons ’n sentrum of ’n enkelheid

nie kan bedink, omvat of voorstel nie,

is daar onteenseglik nog die oral en die alles.

 

Deurentyd in voel en weet is daar invulling

en aanwesigheid: soos lug, soos wind

vly iets voortdurend teen ons aan.

 

“Ek dink so baie oor die wind,”

sê sy dikwels in die laaste gesprekke,

soos altyd oor idees, oor stories en oor boeke.

 

“Dit is belangrik om wind te verstaan,

te probeer verstaan. Waar lug is, is wind.

Waar lug roer, roer wind.”

 

Ons praat oor dít wat agter woorde lê,

oor die belang van vaagheid, oor die ryklike

dink wat glip en gly, syig soos asem.

 

In ’n vriendskap sonder eise, onafhanklik

én verbonde kón ons praat selfs oor onsienlike wind:

ons was mekaar hartgrondig goed gesind.

 

Die metgesel, konkreet en wit en asemloos −

“human kind cannot bear very much reality” −

hou sy weg, van hom weerhou sy die bewussyn.

 

Lewe en begeerte is beweging en net dit wat leef,

kan sterf  − “the bitter apple, and the bite in the apple” −

en waar jy was, sal lug en wind en oopte wees.

 

Nogtans, nogtans, nogtans:

 

Die groot duif tref die motor voluit, slaan gat

oor kop, sy vlerke uitgesprei en spat dan op,

sy vere verstrooi in die vlugstroom agter die kar.

 

Op die voorruit lê sy vorm, onderstebo

in fyn poeier geëts, ’n geboë hoof

en vlerke wat afwaarts bly duik.

 

Wat asem was, kan ook lug wees.

As jy lug is, kan jy ook wind wees:

stormwind, dwarrelwind, aandwind.

 

Daar is drie dinge wat ek nie kan verduur nie,

nee, vier wat ek met ontroering onthou,

jou stem, jou oë, jou stem en jy,

 

met wie ek steeds in gesprek wil tree.

 

© Heilna du Plooy / 2013



Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Heilna du Plooy. Grond en lug
Heilna du Plooy. Binneblik →

3e gedagtes oor “Heilna du Plooy. In die streke van die wind”

  1. HEILNA DU PLOOY says:
    21 November 2013 at 10:07

    Dankie Desmond en Melanie.

    Reply
  2. Desmond says:
    20 November 2013 at 09:18

    Hallo Heilna. Hierdie is baie mooi.

    Reply
  3. Melanie Grobler says:
    20 November 2013 at 01:33

    Dankie Heilna!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d