Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 September 201316 September 2013

Joan Hambidge. Onbeantwoorde vraag

Onbeantwoorde vraag

 

Hoeveel verhoudings had jy?,

vra die reisgenoot direk.

Om die oë te vermy,

skil sy die dop van ‘n eier

en bied ‘n antwoord

in ‘n metaverslag:

 

Die “sy” in Palinodes laat haar dig:

Ter in die

 

As ek jou topografies

moet voorstel

(stip soos die woord eis)

 

dan ‘n Mediterreense stad.

‘n Warm, wolklose dag

word sonder sein

 

winderig, stormagtig.

En onvoorspelbaar

stil. Bewegingloos. 

 

Drie maal per dag

dink ek nou aan jou.

 

Soos dié drie

 

weerstoestande: geluk,

misverstande; maar

veral – onhoudbaar

 

die blywende stilte.

 

Die “sy” in Vuurwiel laat haar skik:

 

Dizain

 

Deesdae wanneer ek ‘n vrou ontmoet

op my hoede, kopsku, wonder nie meer

oor haar sagte mond of ander goed,

en of sy haar oë onderwaters, ensomeer,

oop- of toehou en of sy gil vir meer,

sy haar kop (uiteindelik) finaal verloor.

Nee, ek bêre my bedelaarshoed, uit en oor

en wonder -by voor- en nabaat- stet!:      

watter triek gaan sy uit die hoed toor:  

Hoe my neerlê op waffer Prokrustesbed?   

 

By voorbaat dan,

elke vers in

hierdie donker labirint,

‘n kriptonemie,

‘n onbeantwoorde vraag.

Dalk daar is niks om hieruit te trek,

behalwe dat die “sy” of “jy”

telkens dieselfde wond vergestalt?

So tussen stilte

en stip verlaat sy

stiekem

die museum

van smart.

 

© Joan Hambidge / 2013

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Naam
Joan Hambidge. Besetzung →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d