Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 October 201324 October 2013

Zandra Bezuidenhout. Pretoria: Retrospektief

PRETORIA: RETROSPEKTIEF*

 

Die stad is vrot geskryf van ou helde

monumente en ‘n meesterkerkhof

vir ministers en presidente

maar daar was ‘n nabloei

van suave gegradueerdes

kakpraatdiplomate somersaande

op stoepe van privaathotelle

in wit Arcadia en Sunnyside

die ronde geluk die doltyd

van dans by Silverton

veilig in die jare sestig

met die stad op homself verlief

vrot besing van jakarandas

is die stad oor die eeu se rug

‘n omheinde herinnering aan vryheid

vrot geskryf van misdaad

Meintjieskop laat sak sy hoof

die krot staan op die drumpel

van ‘n nuwe bloeityd

fok die Voortrekkers

alles was net ‘n boeregrap

Waterkloof en Groenkloof

poep teen donderweer

smiddags om vier

plof buie nog klokslag

soos koeëls in die stof

gister se haelwit gestapelde wolke

trek uit teen die bloute

van ons hoëveldse hemel

terwyl rook nog

uit die lokasies rook

spook digters langs die Apies

met die krale van Tshwane

duiwe aas op Kerkplein

en skyt dit uit

oor oom Paul se droewe kop.

 

© Zandra Bezuidenhout / 2013

 

*Met erkenning aan Guillotine Winter 2013, Uitgawe 2 (Pretoria), waarin die gedig oorspronklik verskyn het.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Zandra Bezuidenhout. Wasprogram
Zandra Bezuidenhout. Naweek weg →

3e gedagtes oor “Zandra Bezuidenhout. Pretoria: Retrospektief”

  1. Zandra Bezuidenhout says:
    25 October 2013 at 08:50

    Baie dankie Annette en Evette vir jul reaksie op pret met Pretoria.

    Reply
  2. Evette Weyers says:
    23 October 2013 at 11:02

    Briljant geskryf Zandra! Oor tyd en ruimte heen met die ambiance van verskillende tye.

    Reply
  3. Annette Taljaard says:
    23 October 2013 at 09:03

    Uitstekend beskryf!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d