Naweek weg
In Gordonsbaai word ek herbore
herdoop in die stil water
van drie laatsomerdae
al drywende in die halfslaap en roes
dromend van ‘n kindertyd
tussen seegras skulp bamboes
kom alles terug
net die lenigheid het ons verlaat
en die verlustiging gekrimp
tot vis en wyn.
© Zandra Bezuidenhout / 2014

Dankie vir kommentaar, Gisela.
Besonderse gedig, Zandra, dankie.