Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 December 20136 December 2013

Melanie Grobler. Uit my groen dae

UIT MY GROEN DAE

 

Ek sal nie langer van jou droom nie

tog hou ek aan om van jou te droom

want jy loop uit die skaduwees van verbeelding

om my te ontmoet waar my vel begin

 

ek wil jou nie onthou nie

tog is daar geen einde aan my gedagtes aan jou nie

jy het uit die argiewe van denke getree

na die koelte van hierdie dag

 

waarom dans ek al hierdie eeue rondom jou

jy wat nou soos ’n vreemdeling voor my staan

             al hierdie dae wat ek jou ken

hoekom het my oë die pad wat jy loop

 

deur die eeue dopgehou

tog kyk ek elke oggend met verbasing

              na die lyn van jou wang

hoekom het ek jou deur al die nagte liefgehad

 

soggens wag ek soos ’n bokkie wat rondspring

in die dou. mag ek weer die moed bymekaar skraap

             om weer na jou deur te stap

             oor en oor en oor en weer en weer

 

nie omdat ek die pad na jou hart

of jou denke ken nie

slegs omdat ek jou liefhet, en waag

ek sal hierdie een lewe by jou bly.

 

© Melanie Grobler/2013



Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Melanie Grobler. Skemerland
Melanie Grobler. Elgin se appelboorde →

2e gedagtes oor “Melanie Grobler. Uit my groen dae”

  1. Melanie Grobler says:
    13 December 2013 at 09:34

    Dankie Deon.

    Reply
  2. Deon says:
    13 December 2013 at 07:13

    Dis mooi, hm? Vir jou.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d