Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 March 201417 March 2014

Andries Bezuidenhout. Walkie Talkie se ‘Noname Feniks’

Ek is nie seker hoe “spoken word” in Afrikaans vertaal word nie. Baie daarvan moet eerder gesproke bly en nooit opgeneem of opgeskryf word nie. Daar is egter uitsonderings. Soos Walkie Talkie, ʼn projek van Toast Coetzer, Jaco van der Merwe (van Bittereinder-faam) en HemelBesem. Hulle het vandag ʼn nuwe track vrygestel, een waarvan die musiek deur Warrick Sony (onthou mense nog die Kalahari Surfers – een van daardie groepe wat destyds deur die apartheidsensors met verbanning bekroon is?) gemaak is. Gaan luister gerus hier daarna – “Noname Feniks”.

Hier’s uittreksels uit die liriek, eers Toast, dan Jaco, dan HemelBesem:

die nag was donker
en die wêreld hel
en net die eensame
nat naelstringsnaar
speel die diep bas
van die bromvoël

soos die son opkom
op die hoek van
christiaan de wet
en beyers naude
in honeydew, johannesburg
op die eerste junie

waar iemand afkom
op die lyk van ’n pasgebore baba
’n dogtertjie
toegedraai in ’n lap
binne in ’n plastieksak
en toe
aan die brand gesteek

[…]

Noname, ek onthou jou, so hard dat ek jy word –
jy sit in my klaskamer en ek bloei op die witbord
jou ouma val jou aan en gooi jou met kookwater
’n sangoma draai jou kaal in ’n kombers toe en bliksem jou met ’n knopkierie
om die bose geeste te verdryf, terwyl jou ouers kyk, en geld uithaal
jou pa gee klas by die universiteit en word opgesluit na hy jou ma in die publiek slaan

[…]

Ek onthou nie veel nie, maar ek onthou die ashoop.
Die toekoms was ʼn plastiek sak waarmee jy my wou vasknoop
Die trane van ʼn baba wat saam op die ritme van die aarde se as loop.
Tot by “Wat as?” …. kyk nou hoe ek op ‘As’ Hoop.
Tyd is ʼn roofvoël. Ek sien tyd in my groot oë. Tyd in my siel.
Daar’s ʼn vol gesig met ʼn leë staar as ek kyk in ʼn spieël
Die aarde draai, soms die wind ook, maar wanneer dan die wiel?
Ek knoop my das met die hoop dat als my skurf bedek.
Nie onhigiënies nie, maar vuil woorde verwurg my nek.

[…]

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Hannalie Taute. Binneblik se visblik
Digtersprofiel. Toast Coetzer →

10e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Walkie Talkie se ‘Noname Feniks’”

  1. Maria Snyman says:
    24 March 2014 at 08:19

    Maria spelend met Mallarmé se musiek gesien dat die “toekoms” wat “‘ʼn plastiek sak” “was” en “Die trane van ʼn baba wat saam op die ritme van die aarde se as loop”:

    [Draai na die vure van die suiwer sterflike son!]

    Luisterryk, totaal en so verlate, so
    trillend om die vals trots van mense uit te asem.
    Hierdie haglike menigte! Kondig aan: Ons is
    die hartseer ondeursigtigheid van ons toekomstige verskynings.

    Na aanleiding van Harriet Staff (http://www.poetryfoundation.org/harriet/2014/02/must-read-at-psa-new-translations-of-stephane-mallarme/?woo) wat my geneem het na “Robert Fernandez and Blake Bronson-Bartlett on Another Mallarmé (http://www.poetrysociety.org/psa/poetry/crossroads/own_words/Another_Mallarme/)waar die oorspronklike gedig verskyn.

    Reply
  2. Maria Snyman says:
    23 March 2014 at 17:15

    Andries, uiteindelik na “Noname Feniks” geluister, goed gevind en geniet! Dankie vir die skakel.

    Desmond, plesier. Ja, (letterlike/direkte) musiek het duidelik nie baie van Derrida se tyd in beslag geneem nie, maar spore van musiek is te vinde in sentrale plekke in sy oeuvre, soos byvoorbeeld in Of Grammatology waar hy oor Rousseau en “… That Dangerous Supplement …” skryf (“The supplement will always be the moving of the tongue (…)”), op Rousseau se onderskeid tussen melodie en harmonie dui (“Melody being forgotton (…) Harmonic successions came to dictate …”) – “”the Essay on the Origin of Languages appeared for the first time in a volume of Treatises on Music (…) published in Geneva in 1781 (…)””, die Essay se volle titel is Essay on the Origin of Languages, which treats of Melody, and Musical Imitation. Deel II van Of Grammatology is na regte baie snaaks (na so ‘n paar honderd lese (oordryf ek nou)), hier volg ‘n paar wildweg gekose aanhalings, party Derrida s’n, ander deur Rousseau gesê:

    The Interval and the Supplement.

    “In the Dictionary of Music, Rousseau confesses his embarrassment in the article Song …”

    The dumb don’t sing, they form only accents without permanence, a disgustful [sourds – muted] bellowing which their wants draw from them. (…) Children scream, cry, but they don’t sing. The first expression of nature have nothing in them melodious or sonorous (…) The melodious and appreciable tune, is only an artificial imitation of the accents in the speaking or passionate voice. (…), the most interesting is that of the human passions, so of all the methods of imitating, the most agreeable is the SONG.

    Composers, who originally were engaged by poets and worked only for them, under their direction so to speak, were becoming independent as early as the time of Melanippides and Philoxenus. This is the license of which Music complains so bitterly in a comedy by Pherecrates, … Thus melody, originally as aspect of discourse, imperceptible assumes a separate existence and music becomes more independent of speech. This is also when it stopped producing the marvels it had produced when it was merely the accent and harmony of poetry and gave to it the power over passions that speech subsequently exercised only on reason. Thus, as soon as Greece became full of sophists and philosophers, she no longer had any famous musicians or poets. Plato himself, envious of Homer and Euripides, decried the one and was unable to imitate the other.

    Latin, a less musical, more surded [mute] tongue, did harm to the music in adopting it.

    Painting is often dead and inanimate. It can carry you to the depth of the desert; but as soon as vocal songs strike your ear, they announce to you a being like yourself. They are, so to speak, the organs of the soul.

    “language turns, so to speak, as the earth turns”

    That “Simple Movement of the Finger” …

    … the origin must (should) have been (…) pure melody …

    What! Ought there to be no entertainments in a republic? On the contrary, there ought to be many.

    At any rate, play is so much absent from the festival that the dance is admitted as the initiation into marriage and is contained within the closure of the ball.

    What ball are we speaking of here?

    Thus writing is always atonal.

    Rousseau’s dream consisted of making the supplement enter metaphysics by force.

    What shall we say of a musician, similarly quite prejudiced, who considers harmony the sole source of the great effect of music. Let us consign the first to housepainting and condemn the other to doing French opera.

    En dan is daar Mallarmé, ‘n ander sentrale inspirasie in Derrida se oeuvre, “se musiek” – sy spel met die klankaspek van uiteenlopende frases, en wat ook geskryf het:

    “Silence, sole luxury after rhymes, an orchestra only marking with its gold, its brushes with thought and dusk, the detail of it signification on a par with a stilled ode and which it is up to the poet, roused by a dare, to translate! The silence of an afternoon of music … the ever original reappearance of Pierrot” (aangehaal uit Irwin (2010:90) se Derrida and Writing the Body.)

    En dan is daar nog Nietzsche en sy komplekse verhouding met Wagner … , ‘n ander konstante verwysingspunt in D se skrywes …

    “Die aarde draai, soms die wind ook, maar wanneer dan die wiel?”

    Reply
  3. Desmond says:
    19 March 2014 at 10:18

    Maria, dankie, interessante onderhoud.

    My opmerking oor Derrida en musiek: In Benoit Peeters se omvangryke Derrida-biografie (ek het dit einde verlede jaar gelees) noem hy dat dat Derrida minder aanvoeling vir musiek gehad het as vir filosofie, letterkunde, beeldende kuns, ens.

    Op p.435: ‘Though, in the in terview in El Pais, he had claimed that he dreamed of having ‘musical genius’, he took little interest in music, apart from the Arabo-Andalucian music of his childhood. He liked jazz, like a lot of people in his generation, and sometimes took the opportunity of a stay in New York to attend a concert. But though he had sometimes met Pierre Bouez at Paule Thevenin’s, he showed no liking for contemporry muic. […] Derrida liked the Strasbourg rock group Kat Onoma and went to hear them several times.”

    Derrida se rolprentsmaak was ook nie juis highbrow nie, so daar is ook nie essays en boeke waarin hy oor daardie kunsvorm skryf nie. Hhy het Woody Allen glo ‘te Europees’ gevind, en nie gehou van Allen se ‘Deconstructing Harry’ nie.

    Hy het wel van die Godfather trilogie gehou.

    Nou ja, toe.

    Reply
  4. Maria Snyman says:
    19 March 2014 at 10:13

    “La prise de ris (verbes associés : « prendre un ris » ou « ariser une voile ») consiste à réduire la surface d’une voile en la repliant en partie : l’objectif est d’adapter la surface de la voilure à la force du vent lorsque celui-ci forcit” – vertel Wikipedia. Dit maak mens mos de(rri)liries!

    Reply
  5. Maria Snyman says:
    19 March 2014 at 10:07

    Die Derotikus weet nie wie die Ris is nie – al wat sy weet is dat sy die leer-lyn inderdaad met blye galme prys, ‘n smaak het pour un(e) ris grand(e) … un conte risible …
    Mooi lyne vir my:

    en die eensame
    nat naelstringsnaar
    speel die diep bas
    van die bromvoël

    Reply
  6. Buiteblaf Breytenbach says:
    18 March 2014 at 23:54

    Word die Derroris se dweepsiekheid gewy aan Ris? En is hy dan nie die ou in wie se naam die Krim geannekseer word nie? Prys die leer met blye galme…

    Reply
  7. Maria Snyman says:
    18 March 2014 at 22:48

    Dankie Desmond and Andries vir julle draadsteek Derrida dis-koers – dit het my op ‘n Derrida cum musiek spoor geplaas wat my by die volgende (lesersvriendelike) onderhoud uitgebring het:

    http://theendofbeing.com/2013/03/06/jacques-derrida-interviews-ornette-coleman-the-others-language/

    Dit sluit af met Coleman wat Derrida se “les” in humanistiese terme stel en wat ek glo Derrida sou verstaan en beaam het. Derrida demonstreer/dui na regte op niks anders as die vryheid wat skrif in die algemeen bring nie, inderdaad ‘n “difficult freedom” in Sussman (2008) se woorde in “Pulsations of Respect, or Winged Impossibility: Literature with Deconstruction”.

    Coleman sê:
    “For me, the human relationship is much more beautiful, because it allows you to gain the freedom that you desire, for yourself and for the other.”

    Reply
  8. Desmond says:
    18 March 2014 at 17:00

    Interessant genoeg het Derrida oor bykans alles geskryf – filosofie, letterkunde, godsdiens, die reg, ens. – maar nooit oor musiek nie. Hy’t glo nie juis ‘n aanvoeling of liefde vir musiek gehad nie.

    Reply
  9. Andries Bezuidenhout says:
    18 March 2014 at 10:32

    Et tu, Desmond, jy ook nou ‘n Derroris? (Ek het “snit” oorweeg, maar dit klink te snip.)

    Reply
  10. Desmond says:
    18 March 2014 at 10:21

    ‘n Nuwe ‘track’? Jy bedoel seker – in die taal van die ou Afrikaanse uitsender – ‘nommertjie’. Of probeer jy doelbewus Derrida se idee van die ‘spoor’ aktiveer?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d