Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 March 201430 March 2014

Breyten Breytenbach. (die nagtoornaar se reis)

(die nagtoornaar se reis)

 

“when I was learning Shona in Bukera I unexpectedly saw some ladies

bathing in the Merahari River. Fortunately I have poor eyesight.”

–       Ngomakurtra

 

jy sê die poësie is ‘n skaduspel?

dat betekenis altyd op vertrek staan

en die gedig agterlaat soos versaakte vel?

 

luister: jy is die maankwaad boodskapper

moeg van sommetjies maak in die stukkende huis

vol voëls wat met snawels soos skêre

die bloederige lakens om die dooie mense

los probeer skeur

 

jy is hier om aan daardie gedaante

tussen vreemdelinge in die gang

wat so lankal weet die hart is op pad

na ‘n verre aankoms

met die etterende gesig

weerspieël in die glas

sy keil te oorhandig

 

mag ek bogaande reëls wéér vir jou vertaal?

jy is hier om die keil te oorhandig

aan daardie gedaante

met die etterende gesig in die kykglas

die een wat so lankal reeds weet

die hart is op pad na ‘n vreemde begeerte    

tussen vreemdelinge en voëlmiskraaltjies in die gang

 

jy is nie hier om die maan te moer nie

 

ek wil saam met jou reis

jou boodskapsakkie vol versreëls soos afgetelde krale

wanneer jy spieëlbang deur die labirint beweeg

al die marmer gedenkplate bevlek met trane

vir gesneuweldes

die kromsnawelkraaie in donker bome

ek wil jou wys hoe spiraal die maan

 

om by jou uit te kom soos ‘n droom

in die nag ‘n rakelingse voël

bo somber boomtoppe

sodat jy nie bang hoef te wees

nooit weer seer sal kry

by die neerstort my hart

as die vreemdeling met die etterende gelaat

jou skiet nie

 

het die dood jou neergevel?

jy sê dan die poësie is ‘n skaduspel?

 

kom ek pluk die volgorde uit die hemel

terwyl maantraankrale deur jou vingers glip

kom ek haal die keil van glinsterende klip

af en buig laag

om die afwesigheid te streel

  

kyk: ek is die boodskapper om jou te wys

die vlug is ‘n spiraal

al die marmer gedenkplate met rouwoorde bevlek

tot hier op die eiland waar vreemdelinge

met etterende gesigte daardie krale verkwansel

wat as wolkpatrone op vlae geborduur sal word

 

om wanneer jy terug is uit die dood

vir jou mense in die gang te wys

die gedig vertel altyd die verhaal

van vervelde betekenis

 

© Breyten Breytenbach / 2014



Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Breyten Breytenbach. (“ek het haar uit die oog verloor”) →

7e gedagtes oor “Breyten Breytenbach. (die nagtoornaar se reis)”

  1. Marel Grobler says:
    22 April 2014 at 20:51

    Baie dankie, Breyten! Heel nag – soos Francis sê – sonder die see, helaas.

    Reply
  2. ampie coetzee says:
    3 April 2014 at 11:53

    Jy soek al vanaf 1964 na ‘betekenis’. Nou staan dit nog altyd op vertrek, of dit het vervel.
    Ek hoop jy sal nog in die toekoms soek in jou gedigte; dan is ons bevoorreg. Dankie dat ons só kan soek.

    Reply
  3. Leon Retief says:
    1 April 2014 at 15:50

    Dankie Breyten!

    Reply
  4. Waldemar Gouws says:
    1 April 2014 at 09:22

    Hierdie gedig gaan nie maklik koud raak nie. Die katolieke (d.w.s. alles-insluitende)proses in die gedig word so aangebied dat mens nie die identifikasie met ‘n afgegooide vel kan vertrou nie.

    Reply
  5. Marlise says:
    1 April 2014 at 08:51

    Hou weer so baie van hierdie reël oor wat ‘n gedig is: en die gedig agterlaat soos versaakte vel? Met die slot: vervelde betekenis.

    Reply
  6. Maria Snyman says:
    1 April 2014 at 06:40

    Mooi reël, mal daaroor: “jy is nie hier om die maan te moer nie”
    Laat my dink aan “Nkandla Style” wat nou viraal spiraal – https://www.youtube.com/watch?v=cpOHTThrJfU

    Reply
  7. Francis says:
    31 March 2014 at 20:56

    ‘n Gedig om mens wakker te hou dwarsdeur die nag. Saam met die pratende see buite die vensters.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d