Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 April 201430 March 2014

Breyten Breytenbach. (“ek het haar uit die oog verloor”)

(“ek het haar uit die oog verloor”)

 

my dood is ‘n witborskraai

met wat lyk na ‘n beseerde poot

en ‘n verneukte vlerk uit die een

of ander blou beweging geskud

 

vanoggend toe ek langs die Lethe loop

vlieg my dood op uit ‘n oewerboom

en sukkel om teen die wind te bly hang

terwyl dit dringend bo my kop fladder

 

vaark! vaark! probeer die kraai met ‘n rou bors

die benoude boodskap aan my oordra

dat takke bo die donker poel se rimpeling

bewe en maanmoer se grynsende glinstering roer

dis tyd o dis tyd om te bekeer   

 

om kraak die nagpad te vat

‘n ander oopkoms in o kyk binnekort

gaan lig na kouword draai

die somerseisoen haar bitter gat sien

 

jy sal die berg tog nie meer beteken

het jy dan nie genoeg ver-ek en bevlek

is daar godweet nog woorde oor

om te wurm in jou lyf?

 

my dood is ‘n witborskraai

my dood wil my van droom afraai

my dood moet my nog teen die lewe waarsku

maar ek wil mos nie hoor nie

 

 © Breyten Breytenbach / 2014



Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Breyten Breytenbach. (die nagtoornaar se reis)
Breyten Breytenbach. Kleinreis deur ‘n vergete notaboekie →

2e gedagtes oor “Breyten Breytenbach. (“ek het haar uit die oog verloor”)”

  1. Marel Grobler says:
    22 April 2014 at 20:42

    Ek is mal oor die gedig! Die woorde wurm steeds helder in jou! – ‘n pragtige gelaaide metafoor – soos die hele gedig. Dankie!

    Reply
  2. Waldemar Gouws says:
    14 April 2014 at 21:01

    Is hierdie siening van die dood as boodskapper ‘n aanduiding van ‘n nuwe ontwikkeling? So persoonlik en besorg soos die idee, maar omgekeer, van ‘n beskermengel?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d