Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 May 2014

Trienke Laurie. Drie gedigte

Karwag

Jy het alles sag kom maak vir my
toe jy gepraat het oor die sterre
en die maan wat geleidelik verduister
deur ‘n rooibruin wollerige vag
en die sterretjie wat ingesluk is —
Was hy voor die maan of agter?

Jy het teruggedink aan toe jy klein was
hoe jou pa met julle uitgery het na die veld
of net buitekant toe uitgeloop het
tydens so ‘n verskynsel aan die hemelruim.

“Jy moet tog aan my dink”,
het die vriendelike karwag gesê.
“Ek gaan vir ‘n onderhoud,
hoop om ‘n beter aanstelling te kry.
Hierdie werk maak my gees dood, dood! dood!”

En ek het bly dink aan die sterretjie.


Gompouballade

        (na Ben Venter)

Nattigheid prik in die lug,
sy snorbaard het dit gevoel
en otter het die reën geruik.

Die reën het gekom en wyd uitgesak.
Otter weet: Die veldvoëls
vind by bosse onderdak.

Maklik vir otter om gompou te betrap,
maar groot en sterk is gompou
van miere vreet en doringboomgom.

Gompou probeer wegkom, opvlieg,
‘n entjie abba hy vir otter
wat hangbyt aan sy seningnek.

Otter het sy stuk gehap
die reusedeel net so gelos
en lomp rivierlangs weggedros.
Die nag ruik Jakkals bloed
en drafstap snuffelend nader
vir gompou se aangevrete karkas.

Boer skiet hom rooidag op die plek:
Hierdie skaapdoder maak hy vrek;
by hom is daar geen mededoë.

Die middag kring twee witborskraaie —
die slinkse asers van die dag —
en pik aan jakkals se dooie oë.


Maartlelie

Op die aarde hou die swaartekrag
die pienk sterretros vas.
Net voor die Heer se hemelvaart
bloei die mooi lelie van Maart.
Dan verskrompel hy tot niks
en bly blom net in ons hart.

“Dis die Jirre se blom
wat hou in die veld
en die Jirre pas hom op
sodat hy hierdie tyd elke jaar
vanselwers aan die kale stingel opkom.”


© Trienke Laurie /2014



Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Trienke Laurie. Vir Adam Small

1e kommentaar op “Trienke Laurie. Drie gedigte”

  1. Evette Weyers says:
    20 May 2014 at 11:57

    Pragtig en sulke intieme beleefbare detail.
    Ek is so lief vir otters en moes vir ‘n wees kleintje krappe en krewe uitduik wat hy so behendig in die groot plastiekbad vol water gevang het met sy slim menshandjies.
    Dankie Trienke Laurie

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d