Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 August 2014

Christine Barkhuizen le Roux. Meiringspoort – vir C.J. Langenhoven

Meiringspoort – vir C.J. Langenhoven

                                                                                                                                                           

hasejag                         

rietbos grys winterpopulier

blaarloos blomnek en varkenskraal

seepwater

geel rots

skelmkloofdrif

watter boer het hier

so skuwerig rondgeloer?

aalwyndrif

dubbele drif

steweldrif

plant jou voete

stewig in dié aarde

sanddrif

o goddelike hemelklip

na al die eb en vloed

‘n sprinkel hoop liefde geloof

dan spoed die lewe op galop weer voort

witperdedrif

ou tol

wadrif

hoe beur ons teen die steiltes uit

witfonteindrif

uitspan!

watervaldrif

ontploffingsdrif

‘n herrie rammel- en roffelgeluid

voor rooi-uitspanningsdrif

klein respyt van die groot gedruis

klip van die dinamietslag

tot by die vrugteboord

waar ‘n man sy vrou sag soen

pereboomdrif

bloupunt

opmetingsdrif

my laaste drif

 

daar kom ‘n end

aan waar die water loop

of lankal droog staan teen die rif

 

© Christine Barkhuizen le Roux / 2014



Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Christine Barkhuizen le Roux. lykbesorger

1e kommentaar op “Christine Barkhuizen le Roux. Meiringspoort – vir C.J. Langenhoven”

  1. louwene louw says:
    28 August 2014 at 15:57

    Hoekom dink ek hierdie drif kom uit die liefde?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d