Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 September 2014

Joan Hambidge. Optelvers

Optelvers

 

‘n Katedraal en ‘n kerkhof

in Zagreb se stuifreën

bekyk op my reisplan.

Aljander aljander

so deur die bos:

zagrabiti bedui glo

om te “scoop”.

‘n Man met ‘n sambreel rooi

loop voor my kamera in:

ongenooid en ongevraag.

Agter my in die Bistro Capuciner

sit ‘n ouvrou alleen

met ‘n bos blomme

gekoop op die markplein

vir haar huis waarheen

sy waarskynlik sal terugkeer

om die sirkelroete van vrouwees

te voltooi nadat sy haar man

afgegee het aan die Aljanderbos,

haar kinders vertrek

het na ‘n vreemde plek

waar haar kleinkinders

die katedraal nou verloën.

Asof sy voel ek skryf oor haar,

verlaat sy hierdie gedig

en stap na die kerkhof.

Alles op reis het te make met tyd,

wagtyd, opruimtyd, vertrektyd …

Geduldig wag ek op die slot

voordat ek uiteindelik uit Zagreb

sal gaan, ‘n aangekomene,

nie vertrekkende.
 

© Joan Hambidge/ 2014

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Om ‘n uitskotvers oor die landskap van Kroasië te skryf

2e gedagtes oor “Joan Hambidge. Optelvers”

  1. Leon Retief says:
    21 September 2014 at 21:47

    Dankie Joan. Al lankal op ons bucket list.

    Reply
  2. Joan Hambidge says:
    21 September 2014 at 21:12

    http://joanhambidge.blogspot.com/

    Die reis agter die gedig

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d