Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 September 201410 September 2014

Joan Hambidge. Om ‘n uitskotvers oor die landskap van Kroasië te skryf

Om ‘n uitskotvers oor die landskap van Kroasië te skryf

vir JdL

 

Met filmmaak beland

daar glo altyd footage

op die vloer

en fotograwe delete, delete, delete,

so weet ons,

tot die volmaakte foto

die oomblik

perfek vasvang.

Met die digkuns eweneens

‘n soeke na balans, na ewewig.

Ook hier land vele woordskaafsels

op die vloer en notaboeke,

sit vol idees, mank metafore,

indrukke wat nooit vers word nie.

In Dubrovnik herken

ek ander landskappe,

dieselfde indrukke,

wat nooit verder as herinnering

gekom het nie, blote inskripsie

in ‘n noteerboek of  opgawe

vir die taksman.

Waar eindig lewe en begin kuns?

“Wat nooit, wat nooit”, hoor ek

jou kritiseer …

“Waar o waar is die Russiese Roulet?”

Ek probeer weer:

In Dubrovnik op die Adriatiese see,

onthou ek ‘n terloopse inskrywing,

‘n obiter dictum,

op ‘n ander kontinent,

in ‘n vreemde tydsone

met reise wat oophand, gul

beelde uitdeel oor verlore liefdes

en verlore drome. Van Puerto Montt

tot Saigon telkens beelde opgetel …

Nou het die merry-go-round gestop,

en iewers weeklaag

‘n vals viool en trekklavier

op die dorpsplein met mure

om die stad en óm my hart.

Miskien, miskien omdat die vure

geblus geraak het …

Sal ons die lier

langs die paspoort

ophang of doodeenvoudig dig:

In Dubrovnik

nie meer

aan die mag

van die digkuns geglo?

 

 

© Joan Hambidge / 2014

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Puntdigte uit die Sloweense landskap
Joan Hambidge. Optelvers →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d