Hannalie Taute. Vir oulaas

Met September wat einde se kant toe staan en Lente wat klop aan my voordeur het ek gaan stil staan en besin oor die afgelope twee maande en tot die gevolgtrekking gekom dat dit sekerlik die ooievaar se besigste tyd is/was.  Met soveel verjaarsdae agter die blad en onder andere my jongste seuntjie wat vier jaar oud geword het, kon ek nie help om te wonder oor die volgende wat ek gelees het in die boek: “Poetry of the Universe” deur Robert Osserman:

“Unlike the divisions of time into days and years, which correspond to natural phenomena, such as the rotation of the earth on its axis and the orbit of the earth around the sun, the concept of a century has no physical basis.  Rather it derives from an arithmetical artefact built upon an anatomical accident.  If human beings came equipped with four fingers on each hand, then we would undoubtedly have developed a number system with base eight rather than base ten, leading to divisions of time into octads rather than decades……………Similarly, individuals dread turning fourty (or thirty or fifty), investing a particular number with unwarranted significance just because it is a multiple of ten.”

Antjie Krog som my gevoel oor wiskunde so mooi op in die volgende gedig:

Wiskunde – Antjie Krog

 

Elke dag sterf ek 35 minute lank

vasgetangens in my bank

en voor die bord boer

ʼn iemand wat my wiskunde voer.

Gevra: Trek lyn AB en vind dan C.

Bewys: Ek trek AB

Ek konstrueer ʼn middelloodlyn

Op…verby die sterrre

En vind C

alleen.

Op Pythagoras sit hy kruisbeen

en ween, ween

so hel alleen.

Nou, alhoewel ek ʼn aaklige verhouding met Wiskunde al van klein tyd af het, het ek die boek “Poetry of the universe – a mathematical exploration of the cosmos” baie geniet.

“There is a much quoted story about David Hilbert, who one day noticed that a certain student had stopped attending class.  When told that the student had decided to drop mathematics to become a poet, Hilbert replied, “Good – he did not have enough imagination to be a mathematician.” (p 89 uit bogenoemde boek)

Miskien het ek ook nie genoeg verbeelding nie, want so vining as wat ek kon het ek wiskunde verruil vir die kunste.

“There is an astonishing imagination in the mathematics of nature and Archimedes had at least as much imagination as Homer” – Voltaire

 

Selfpotret in wiskunde-klas: Antjie Krog

 

Jou arme ou dier

Jou skeefgedroomde oog

Jou ou groot voet

Jou growwe vesellyf

Jou dom, dom, dom gesig

Jou arme ou dier

Jou allenige hart.

Nou ja…vir oulaas en op hierdie noot gaan ek eers groet. Dankie aan die webmeester en elke leser wat 5 minute afgestaan het om my inskrywings oor die jare te lees.  Ek het baie geleer en sal die blad nog gereeld besoek- maar dan in die hoedanigheid as leser.

“Gouelokkies word grys” Borduurwerk op rubber 2014

Bookmark and Share

6 Kommentare op “Hannalie Taute. Vir oulaas”

  1. Baie dankie, Hannalie!

  2. Wicus Luwes :

    Dankie vir hierdie blog en die voriges. Daar is ‘n spreekwoord oor rubber wat lui: Mag die rubber in die rubber-bome nooit opdroog nie en die naald en garing nie lostorring nie! (As daar nie een is nie, behoort daar eintlik een te wees.) Sterkte vorentoe!

  3. Dankie Engela en Wicus dat jul my bydrae gelees het. Wicus ek is absoluut gek oor die ‘spreekwoord’! Ek dink ek gaan dit erens in my studio op die muur skryf. Ek geniet jou blogs verskriklik baie, doen so voort. xx

  4. Leon Retief :

    Hannalie ek het soos altyd lekker gelees aan jou blog tot ek by die laaste paragraaf gekom het en nou is ek sommer moerig. Waarom stop jy? Gmf!

  5. Ag nee Leon, moenie moerig raak nie 😉 Soms moet mens iets waarvan jy hou laat gaan, om asem te skep. Ek maak reg vir n groot solo uitstalling wat sal open in Februarie 2015. Admin, sosiale netwerke, kinders en n hoop boeke wat le en wag op my bekassie is onder andere die oorsaak vir my besluit. Die webmeester het laat weet dat ek volgende jaar weer welkom is om bydraes te lewer. Tyd sal sien, maar intussen sal ek julle dophou. Dankie dat jy my laaste bydrae vir 2014 gelees het. xx

  6. “BeDkassie” – jammer vir die tikfout en die kappie op die e wat skort!

  •