Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 October 2014

Loftus Marais. Shakespeare, sonnet #1

Shakespeare, sonnet #1

 

Lus is lus vir meer. Die roos wat ooptrek moet bly

ooptrek. Homself te kenne gee, weer en weer.

’n Bondeltjie heeltyd, tuiterig. ’n Ewige ta-daa!

Maar: Verlep is plain verlep. Ons soek ’n opvolger.

So luister nou, meneer, jy met jouself behep, wat oë

stadig toemaak, soos net ’n fokkenfrisverwaande

boerseun kan: Mooi wil mooier wees as net een man.

Maar jy hou dit ín in regop skouers, versamel vinnig

wrede one night stands nes koue ornamente. Posterboy

van hierdie nuwe rowwe lente. Jy bly jouself so knoop

in suinigheid. Jou mond. En jou ontspanne vuis.

Jou hele lyf, dit vra, o ja, vir nageslag, om iets ook so

aan tyd te kan bewys. ’n Iets wat jou uit pronkery

kan haal, jou oop en doerkant van die dood vertaal.

 

© Loftus Marais / 2014



Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Loftus Marais. Mcebisi Jonas se das →

1e kommentaar op “Loftus Marais. Shakespeare, sonnet #1”

  1. Buiteblaf Breytenbach says:
    19 October 2014 at 11:42

    ‘n Robuuste, vleeslike vers. A, die kaperjolle van ‘n jongman! Ek wonder net ‘n bietjie oor ‘plain’: hoekom nie ‘plein’ nie? (Aan die ander kant is dit waar dat die woord sy yk kry deur latere aanwending van Engelse uitdrukkings.)

    Die strekking herinner my aan Jean Genet se siening – ek het onlangs weer van sy briewe aan Sartre gelees – van hierdie besittingsdaad as morbied in die sin dat dit ‘n intensifisering van die doodsgedagte (of doodsdrang) sou beteken, waarskynlik gekoppel daaraan dat dit nie voortplanting kan behels (omhels?) nie. Genet neem selfs die gedagte verder wanneer hy hoop dat die jong minnaar in sy plek kinders sal verwek. Is hierdie gedagtegang ook in Shakespeare ‘n gegewe?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat

Nuutste kommentaar

  1. Cobus van den Berg on Krige Visser. parodie en ironie20 July 2026

    Dankie Krige. Ek lees dit oor en oor….sodat dit kan insink.

  2. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  3. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  4. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d