Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 March 201618 March 2016

Loftus Marais. Mcebisi Jonas se das

Mcebisi Jonas se das

 

heit hy lasso so die aanwysers wat digitaal bly flits en om

geboue krul? menéér, hy wikkel sy maroen das los

en lees. hy ignoreer maar respekteer die sauk-mikrofoon

as power septertjie van vrot party-gepolitiekery. 150 cm

is die mate tussen voorgee en jou werk bly doen,

in geel of groen of swart of ook maroen. hy hopwieg

ongemaklik lig en op die maat van senuwees. hy lees

in daardie stem die teendeel van die backroom bariton

die kickback kakpraat keelskoonmaak en mag se flou

gesmoorde brombromlag. wat van: hy sak die modieuse

galgtou van sy vroeër stilbly oor sy kop? sy saxonwold-

satynerige strop? hy praat net want die Ouman is nou swak?

of: trek sy mond skeef soos die krom knoop van sy das as

vasbeslote hierdie-bondel-sal-ons-deur-moet-hak? saggies

gly geskiedenis hier deur die bindsels van ’n informele

deftigheid, ’n mou oprol, ’n vas en los en tog ook vreemde

albatros, ’n ek is nou bereid.

 

© Loftus Marais / 2016

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Loftus Marais. Shakespeare, sonnet #1
Loftus Marais. Piet Pectoral →

2e gedagtes oor “Loftus Marais. Mcebisi Jonas se das”

  1. Waldemar Gouws says:
    21 March 2016 at 21:05

    Was mnr. Jonas nie miskien ook eers deur die groot vis voordat hy begin praat het nie? Waar kom Loftus Marais se albatros vandaan? Ek wonder net.

    Reply
  2. Balt Verhagen says:
    21 March 2016 at 07:15

    Ná die bevreidingsparty se NEC
    byeenkoms in Irene, moet ons terugdink
    aan Stauffenberg en die klavierdraadlus?

    Hou swak was daardie “Ouman” toe?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Yves T’Sjoen. Postumiteiten voor Breyten
  • Uitnodiging: ATKV-digskool, 27 – 29 Maart
  • Joan Hambidge. George Steiner en die binnespraak
  • Resensie: “Atrium” (Marlise Joubert)
  • Meyer van Rensburg. BB

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d