Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 January 20157 January 2015

Joan Hambidge. “Die anatomie van reis”

Die anatomie van reis

 

Footfalls echo in the memory

Down the passage which we did not take.

T.S. Eliot

 

 

Elke digter het ‘n indeks

‘n plattegrond of kaart.

In elke stad is daar ‘n katedraal,

‘n kerkhof, bushaltes, soms ‘n hawe,

hotelle – en ander merkers

vir die besoeker voor ‘n monument

van ‘n vryheidsvegter, insurgent

of ter-dood-veroordeelde, bekend.

Elke bundel het ‘n inhoudsopgawe

met verse oor die liefde of die dood.

Selfs ongeskryfde verse, ‘n stilpunt,

word die subte of die ondergrond

wat die reisiger nog mag neem;

vereers wagtend by ‘n bushalte

of ‘n taxi-halte op pad na ‘n baken,

immer op pad tussen hier én daar.

Partykeer is die reis vooruit beplan

met koepons oorhandig aan ‘n gids;

telkemale is dit die onverwagse koers

van Frost se the road less travelled

of ‘n indraai na ‘n holte vir die voet,

‘n klein boetiekhotel of ‘n kroeg

wat iets oopmaak, openbaar:

Mi gruwelt dat ic leve? Of eerder

Dank God ek is ook hier?

 

 

(c) Joan Hambidge / Januarie 2015

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. “Paseo Trocadero”
Gisela Ullyatt. Oor verlies, verlatenheid en die liefde. →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d