Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 January 20151 January 2015

Joan Hambidge. “Paseo Trocadero”

Paseo Trocadero

– Vir JdL

 

Oppas vir kansvatters en skelms

en grypdiewe, waarsku jy; ons leef

in moeilike tye. Hoi hoi, roep ek,

hoe vreemd

dat dít wat moet beskerm

jou uitlewer? Nog ‘n jaar

het ons oorleef en as ons die jaar

sou personifieer, was sy ‘n genoot,

wispelturig en bemoeisiek.

In ‘n kafeetjie sit ‘n man

met ‘n Batman-t-shirt

diep in ‘n selfgesprek gewikkel.

My stil binnepraat rig ek tot jou

op ‘n ander kontinent, in ‘n ander tydsone.

In ‘n sloom namiddag, Buenos Aires

spoeg ‘n man op straat, wyl ‘n ambulans

straataf neuk. Papiere dwarrel

vrugteloos grond toe

nes hierdie praatsiek gedig.

In ‘n digstring sou ek vlot reageer

op vrae soos wat-het-die-gedig-aangestig?

‘n Reis na die Pampas om weer die tango

as simbool van die digkuns te beloer

daar doer in die Buenos Aires in

sodat ek my brose psige kan beskerm

teen te veel afwesigheid en die groot-groot Niks

in die land van spekskieters en verspeelde kanse.

Hoe het jy gevoel toe jy die vers geskryf het?

Warm en aan’t spook om al die ritmes

raak te dans nes die twee dansers

op die uithangbord van die Trocadero Paseo

gestol in ‘n volmaakte rymdwang pose:

 

So oppas vir digters

wat kierangslaai eet

en gedigte afruk

van advertensieborde

niksverrymend.

 

(c) Joan Hambidge / Januarie 2015

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. “Meditasies, illusies”
Joan Hambidge. “Die anatomie van reis” →

4e gedagtes oor “Joan Hambidge. “Paseo Trocadero””

  1. Joan Hambidge says:
    1 January 2015 at 23:20

    Vir ‘n virtuele saamreis:

    http://joanhambidge.blogspot.com.ar/

    Reply
  2. Joan Hambidge says:
    1 January 2015 at 12:39

    Uiteraard: vir Johann de Lange.

    Reply
  3. Joan Hambidge says:
    1 January 2015 at 12:37

    Dankbaar Gisela. Hierdie gedig is Johann de Lange – my gespreksgenoot uit die wonderbaarlike Buenos Aires.

    Voorspoed vir al die digters, digteresse & ander esse vir 2015!

    Reply
  4. gisela Ullyatt says:
    1 January 2015 at 09:14

    Wát ‘n gedig! Veelvlakkig, verfrissend, ondermynend. Ek hou veral van’ sodat ek my brose psige kan beskerm /teen te veel afwesigheid en die groot-groot Niks’. Jung en Zen in een.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d