Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 August 20174 September 2017

Wenner van die Ingrid Jonker-prys vir poësie

Hilda Smits

Wenner van die Ingrid Jonker-prys vir poësie 2017

 

Omslag

Die wenner van die Ingrid Jonker-prys vir 2017 is pas bekend gemaak. Dit is Hilda Smits se digbundel die bome reusagtig soos ons was.

Die bundel word deur een van die beoordelaars bestempel as “ʼn boeiende debuut” wat die leser by die hoogs persoonlike betrek en wat tegelykertyd ook betekenis aan die universele belewenis gee. “Wat die digter hier vermag het, is enorm,” skryf ʼn ander beoordelaar.

Die verse beskryf die belewenis en hunkering van die expat ˗ dit is “poësie van die diaspora wat na die vaderland terugreik, na ’n verlede en tye toe dinge eenvoudiger was”.  In die beoordelaars se verslae word sterk klem gelê op die rol van die geheue en herinneringe. Die titel berei die leser reeds voor op ʼn onthouproses, “op hoe dinge met die verloop van tyd anders onthou of vertolk word”. Die bundel voel vir een van die beoordelaars “soos ‘n intieme gesprek waarop die leser instap, maar dit is die digter in gesprek met haarself, asof sy die deur tot haar geheue oop vergeet het”.

Die beoordelaars loof die “geweldige visualiteit” van die verse, met die oog, die kamera, foto’s en waarneming wat sentraal staan. In die rekonstruksie van die verlede ontgin die digter die visuele deur die oormekaarskuif van beelde, plekke en tye. Die gedigte word meestal as bewussynstroom aangebied, met ʼn besonder sterk assosiatiewe basis; by tye selfs surreël. Die gedagtespronge wat die digter maak – gepaardgaande met verbluffende sintaktiese ontginning – is “besonder indrukwekkend”. Tyd en ruimte word hier “so goed vasgevang, dat jy voel jy stap in die strate en ry in die busse van verlange langs Hilda Smits”.

Elf bundels is voorgelê en die kompetisie was straf. Die beoordelaars het groot lof gehad vir die ander twee bundels op die kortlys: Hendrik J. Botha se Atropos en Bibi Slippers se Fotostaatmasjien. Die beoordelaars was Johann de Lange, Louis Esterhuizen en Nathan Trantraal. Ronel de Goede is die sameroeper van die Ingrid Jonker-komitee. Die ander komiteelede is Leon de Kock, Finuala Dowling, Vincent Oliphant en Beverly Rycroft. Danie Marais, vorige sameroeper, tree as adviseur op. Die prys word op 16 September by die Tuin van Digters in Wellington oorhandig. Simone Jonker, dogter van Ingrid Jonker, sal die prys oorhandig.

Kontakpersoon: Ronel de Goede (Foster), rf@sun.ac.za; sel 083 79 707 92

Lees ook:

1.Digstring deur Hilda Smits

2.Resensie: Die bome reusagtig soos ons was. Hilda Smits.

Resensent: Dr Amanda Lourens

3.Onderhoud met Hilda Smits

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Die 2017 Ingrid Jonker-Prys vir Afrikaanse Poësie

6e gedagtes oor “Wenner van die Ingrid Jonker-prys vir poësie”

  1. Corlietha Swart says:
    2 September 2017 at 19:26

    Baie geluk, Hilda! Die Ingrid Jonkerprys wat nou op jou kaggelrak gaan pryk, is die hoogtepunt-bevestiging van jou meriete wat ons al sedert 2009, jou eerste van ‘n rits oorwinnings in die nasionale skryfwedstryd van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV), vermoed het. Ons deel graag op die BSV Facebookblad agtergrond en herinneringsfoto’s van toe jy in 2016 “die bome reusagtig soos ons was” by die BSV in Naln tussen bonsaiboompies kom bekendstel het.
    Ons is só trots op jou!
    Corlietha Swart (Voorsitter, namens die hele BSV).

    https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1010895002386627&id=281956835280451&__tn__=%2As%2As-R

    Reply
  2. marie bredenkamp says:
    1 September 2017 at 22:39

    Hilda, wat ‘n hoogtepunt is jou debuut met hierdie toekenning, terwyl dit voel asof “die reis net nou die dag begin het”! Baie geluk!

    Reply
    1. Hilda says:
      2 September 2017 at 12:39

      Baie dankie ! Ek waardeer.

      Reply
  3. Annora Eksteen says:
    1 September 2017 at 11:41

    Wonderlik! Baie baie geluk. Ek het so hele paar jaar gelede Hilda Smits se gedigte begin lees op ‘n blog en dit was vir my so treffend, vryvloeiend haar indrukke in Londen, nuut en jonk, maar denkend en inspirerend. Aangrypende digkuns. Wel gedaan.

    Reply
  4. Engela Geyer says:
    1 September 2017 at 08:01

    Veels geluk, Hilda!

    Reply
  5. Fransi says:
    1 September 2017 at 07:52

    Baie, baie geluk!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d