Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 October 201717 October 2017

Emma Bekker. Die laaste sê

Die laaste sê

 

My ouma het ons op ’n windgekotste dag

uit strandhuismuf gejaag, om strandlangs te loop speel.

 

Snotsandspore op bolippe,

stofverstopte traankliere,

herekleinekinderbende,

besetenevangadaraseeskuim om enkels,

middeloorontstekingtrotserend,

het ons vir skaars babatoonskulpe

gekrap in die loopsand van die golflyn,

die streep tussen bloubibber en plesierril

so dun soos die sonrokkie onder my handdoekstof strandjakkie.

 

Ouma was bekommerd oor die sluipaanslae van die duiwel,

die skerpsteek van die son op wit velletjies,

die uitlokkendheid van loslanghare,

die vuurklip van lostonge. Die gesoute seewind se gesang

was vir haar gewyd: “Nader, my God, by U.”

 

“Eer jou vader en jou moeder,”

het my ma se mond gebodgesnoer

oor Ouma se windgeteisterde telgtoer.

 

Daar bly Ouma sit,

gestrand in my limbiese streek,

veramber in ’n laaste seevakansie,

haar glasoog op ander einders gerig:

“Kinders moet weet hoe die wind voel.”

 

 

© Emma Bekker – 2017

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Emma Bekker. Kraaivlug

2e gedagtes oor “Emma Bekker. Die laaste sê”

  1. leendert dekker says:
    20 October 2017 at 10:16

    hoesê lekker jol meddie wind
    dit seker mar blind
    kannekkie vind
    sys so troebelgesind
    stomme kind snotstrikgebind

    Reply
  2. Rosa Smit says:
    20 October 2017 at 09:32

    Lekker _ jol met die wind

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d