Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 October 201828 October 2018

Paul Meeuws – Vertaling in Afrikaans

Paul Meeuws – Vertaal in Afrikaans deur René Bohnen

 

Uit: Werkplek                                                  

Watergraf

 

Klein watergraf daar in die gras.

Bo dit tril ‘n kindersiel

deur muggies nageboots.

 

Dan lui opeens die Liempde-klok

die toeval weg net soos jou hand

die muggies wegklap op jou pad.

 

Jy sit die somer stil soos ‘n kapel

vol nonne en skuins lig.

Jy het ‘n heiligdom gestig,

 

‘n rou bedink wat die gedig

meer name as jou eie gee.

O kindjie, sluimer sag.

 

*

 

Graffiti                                                                  

 

Dit sou u nie ontgaan het nie,

die sondvloed lawaaiwater

wat ons stad oorspoel het terwyl ons slaap.

 

U sou die gesis van slangetaal gehoor het

teen die klimop en ingemesselde glasskerwe

 

U sou na spelfoute gesoek het

in die kleurvolle slik wat ruite verblind en gewels afplat

tot ‘n besmeerde protesskrif

 

Ek sien u op ‘n droë seebodem staan en opkyk

na krete wat niemand meer lees nie

na rumoer wat niemand meer hoor nie

onthutste stokou man in ’n rolstoel

 

U bewasem meer as wat u praat.

Alles skree om u gefluister.

 

In u gestamel word ‘n muur opgerig

wat smeek om beskrywing,

om hande wat vermom as woorde

na die hoogste lyste reik

 

en smag na ‘n platdak

waarop ‘n mens kan staan en swaai

na ‘n onbeskryflike verskiet.

 

**Meer oor die digter hier, op sy eie website: https://paulmeeuws.nl/

Tags: paul meeuws, rené bohnen, de geluiden, nederlands, vertaling

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Resensie: Op die vingerpunte van die heelal (René Bohnen)
Gedigte vir Breyten Breytenbach: 16 September 2019 →

4e gedagtes oor “Paul Meeuws – Vertaling in Afrikaans”

  1. Lettie Murray says:
    29 October 2018 at 14:43

    Ek sien u op ‘n droë seebodem staan en opkyk

    na krete wat niemand meer lees nie

    na rumoer wat niemand meer hoor nie

    onthutste stokou man in ’n rolstoel
    [dis so ‘n mooi prentjie, Rene! .. en Paul]

    Reply
  2. Charl-Pierre Naude says:
    28 October 2018 at 12:38

    Van die mooiste gedigte en vertalings wat ek nog ooit op Versindaba gelees het. Welgedaan, Rene.

    Reply
  3. Paul Meeuws says:
    26 October 2018 at 14:20

    Dank voor je complimenteuze woorden, Carina. ‘Lawaaiwater’, daar hebben René en ik het uitvoerig over gehad. In het Nederlands staat er ‘spraakwater’, ik gebruik dat als synoniem van ‘graffiti’, die zondvloed aan tags waarmee de stad overspoeld raakt. Over díe dijkdoorbraak gaat het. ‘Lawaaiwater’ kende ik natuurlijk niet. Ik vind het een Afrikaans juweeltje.

    Reply
  4. carina says:
    26 October 2018 at 12:41

    ‘n Verrassing! Baie dankie vir “Graffitti” se vertaling in Afrikaans, René. Dis ‘n gedig wat baie ernstig is en aanvoelbaar nog ernstiger word deur die formele “u”-aanspreekvorm daarin. As ek moet raai, gaan dit oor die 1953-dykdeurbraak in Nederland. Tog moet ek in reël 3 ‘n bietjie glimlag vir die woordkeuse “lawaaiwater”. 😉 Hoewel dit natuurlik duidelik is dat dit hiér letterlik oor die oorverdowende lawaai van vloedwater gaan.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d