René Bohnen. Stilbaai blou
Stilbaai blou
Ook ʼn slak skryf met sy lyf:
stileer begrafnisbriewe in die sand
vir bloublasies wat laveer
tot op die strand
Deurskynkleur doebleer
vir oulaas
ʼn klam klein Vermeer
© René Bohnen / 2018
René Bohnen. Stilbaai blou
Stilbaai blou
Ook ʼn slak skryf met sy lyf: stileer begrafnisbriewe in die sand vir bloublasies wat laveer tot op die strand
Deurskynkleur doebleer vir oulaas ʼn klam klein Vermeer
© René Bohnen / 2018
Tags: René Bohnen gedigte Friday, December 21st, 2018 | Gedigte. Both comments and pings are currently closed. ![]() 5 Kommentare op “René Bohnen. Stilbaai blou” |
|
Mooi dankie Rene – vir meer en minder, in kleur…
Lieflike treffende gedig, al strandlopend …
Og.. Dit is mooi!
Dankie Gert, Elza en Thina, vir julle lees en waardering.
Ekskuus! Ek is gek na hierdie een: voel of ek op die dek wil sit en hom in die naglug prewel…