Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 November 201620 November 2016

René Bohnen. Soogvisse in die Outeniqua

SOOGVISSE IN DIE OUTENIQUA

 

Jou sms blits deur die lug

soos ʼn groen gedig:

ʼn kalfie is gebore

in ons kobalt baai — kom

sit op die balkon by my

bokant die baardfyn

lugwortels van ʼn wildevy

 

Ja! teks ek terug, ja

dan drink ons malvatee en jasmyn

uit paisley porselein en vryf koel

los pêrels tussen wysvinger en duim,

praat oor ou vierpoot en voordiere

besin later oor glaukus uit die water

 

tik teen sonsak klik-klik

ryme vir die wilde grys dolfyne,

sonnette vir die suidkappers en ʼn diepsee

gedig vir die bultrug en bloue

wat roep

uit die matrys van ons bloedlyne

 

Ons skryf mekaar vas

aan die odes van die oseane

en ons gee die timpane, gee

aambeelde en die slakkehuisies van klank

aan die aandlug, aan die noem-noem

en die stil middernagwulke

 

want

ʼn waterboek is sy

mysteci, eubalaena;

ʼn biblioteek in die see,

sê die oues die fluisteraars en vertellers

wat geraamtes weer asem gee –

sy is ʼn drywende argief, sy is ons groepsgeheue

 

Laat my dan kuier in eden

wanneer die walvis lewe

sien in die waters van die lente

waar sy warmbloedig ʼn lyfballade is

 

Singend deur seisoene

roep sy

die ou herinneringe

roep sy

die skimme van ons beginne

 

Ons sing in soutwater agterna ; sy is ons ma

 

 

© René Bohnen Oktober 2013

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← René Bohnen. Fraksioneel 9/11
René Bohnen. Stilbaai blou →

8e gedagtes oor “René Bohnen. Soogvisse in die Outeniqua”

  1. Uysie Alberts says:
    22 November 2016 at 13:44

    Absoluut betowerend!

    Reply
  2. carina says:
    22 November 2016 at 09:39

    Ek kry sommer hoendervleis!

    Reply
  3. Rene Bohnen says:
    22 November 2016 at 06:03

    Ek waardeer dit, Alice

    Reply
  4. Alice Hendriks-Boshoff says:
    21 November 2016 at 22:33

    Iedere beeld vind resonans in my binneste, waar ek die betowering van walvisse en dolfyne bewaar.

    Reply
  5. René Bohnen says:
    21 November 2016 at 17:00

    Dankie Marie, my walvisbedwelming duur al ‘n leeftyd.

    Reply
  6. René Bohnen says:
    21 November 2016 at 16:58

    Dankie Charl-Pierre!

    Reply
  7. Marie Bredenkamp says:
    21 November 2016 at 15:46

    “waar sy warmbloedig ‘n lyfballade is”. Sereen. Jy “skryf” die hele Eden “vas”.

    Reply
  8. charl-pierre says:
    21 November 2016 at 13:55

    Rene, dis ‘n pragtige gedig.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d